Dis die belangrikste stuk toerusting in jou braaikas. Kies een asof jy ’n vrou soek – onthou, julle gaan báie tyd saam deurbring.TEKS NICK DALLRoosters word gemaak van drie verskillende metale: sagte staal, chroom en vlekvrye staal. As jy dit mooi oppas, sal ’n sagtestaalrooster sowat twee jaar hou, ’n chroomrooster sowat tien jaar, en jy sal al onder die sipresse lê voor jou vlekvryestaalrooster die gees gee (maar jy gaan betáál).Tog is nie alle sagtestaalroosters dieselfde nie. Die goedkoop soort word deurgaans van baie dun staal gemaak; die beteres het dikker stawe aan die buitekant. Maak ook seker jou rooster het ’n randjie, anders glip jou sosaties langs die kant uit. vervaardig roosters van al drie metale:Roosterwenke
- Moenie vet afbrand in die vuur nie; dit maak die rooster meer roeswerend.
- Moenie die rooster in die reën los nie; dit roes vinniger.
- Moenie die rooster teen iets hard kap nie.
- Moenie die rooster met ’n draadborsel skoonmaak nie; vryf hom eerder skoon met ’n ui.
[gallery link="file" ids="274207,274205,274206" orderby="rand"]












