Buitelewe

The North Face Rock 22

Duisende goggas bedreig jou, maar dis te warm om jou tent toe te rits... hoe maak jy?Melinda Griffiths het ’n oplossing gekry.Hoekom dié tent?Ek kamp gereeld in ’n warm, droë klimaat, en daarom het ek ’n tent nodig wat ek sonder die waterdigte boseil kan opslaan. Hierdie tent doen presies dít en het ’n binneste deel van gaas wat lekker lugvloei toelaat, maar wel die muskiete uithou.Is jy gelukkig met jou besluit?Ja! Buiten dat dit koel is, is die tent ook baie gebruikersvriendelik. Hy het weerskante ’n opening, wat baie goed werk as jy twee is wat kamp, want elkeen het sy eie “stoep” waar jy jou toerusting apart kan hou. As jy in die middel van die nag badkamer toemoet gaan, kan jy jou eie ingang gebruik.Waarvan word dit gemaak?Die binneste deel is van gaas, en die vloer van nylon wat met ’n PU-lagie bedek is. Die boseil is van skeurtrae nylon met ’n waterhoogte van 1500 mm, en die tentpale van aluminium.Hoe vaar hy in slegte weer?Verbasend goed. Gedurende die Freedom-uitdaging was daar ’n paar rowwe storms, maar die tent het regop bly staan.Klagtes?Ek sal nie omgee vir nog bêreplek aan die binnekant nie – daar is net twee klein sysakkies. hoe lank vat dit om hom op te slaan? Niks meer as vyf minute nie.Aantal mense 2Gewig 2,6kgGrootte (l x b x h) 2,3 x 1,4 x 1,1mPrys $190 (sowat R1500, posgeld uitgesluit)kontak

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM