Buitelewe

Vir meer as net koud hou

Dié kampeerders het maklike oplossings vir knaende probleempies in die kampterrein – en enige Jan Rap en sy maat kan dit doen.’n Klein koelhouer, die soort waarin ’n halfdosyn bier pas, is ’n baie nuttige houer wanneer jy met vakansie gaan. Ek gebruik so een om my speserye in te pak, en dan twee wat effens groter is – een vir al ons souse (soos tamatie- en worcestersous), en nog een vir die bekers, koffie en Cremora. Die sakkies is gestop om koel lug binne te hou, maar dit keer ook dat die breekware stampe kry. En as ’n houer breek, loop die sous nie jou hele yskas of kombuiskas vol nie.Ons merk elke sakkie met ’n kokipen en kan maklik sien wat in elkeen is. Ons pak die messegoed in ’n Tupperwarebak sodat alles netjies op sy plek bly en daar geen stof op jou eetgerei beland nie.

ARIE MOOIMAN

Roodepoort

WegSleep

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM