Buitelewe

Yskaste | Komkommerkoel

Party dinge werk maar net nie as hulle warm is nie. Vat byvoorbeeld bier: Aan die einde van ’n lang, warm dag agter die stuur is daar min dinge lekkerder as ’n yskoue skuimkop – reguit uit die yskas.

’n Koelboks is perfek vir ’n braai by ’n vriend se huis of ’n piekniek saam met jou gesin, maar dit gaan nie die mas opkom op ’n boendoesafari in die somer nie. Nee, daarvoor het jy ’n draagbare yskas nodig.

Buiten dat jy ’n yskoue bier in die middel van die Namib kan geniet, kan jy ook iets groen en gesond by jou boendoespyskaart voeg – én ná ’n week steeds ’n eetbare tjoppie op die kole gooi.

As jy nie een het nie (of jouself wil bederf vir Kersfees), kies op die volgende vyf bladsye een van 30 algemeen beskikbare draagbare yskaste van die bekendste vervaardigers.

Kompressors kóók

Let daarop dat hierdie 30 yskaste kompressor-aangedrewe is. Die rede? Kompressor-yskaste is die enigste soort wat werklik geskik is vir veldry omdat dit vriestemperatuur in die warm Afrika-weer kan handhaaf.

’n Absorpsie-yskas (dit werk met gas) werk net goed as dit waterpas staan (nogal ’n uitdaging as jy deur die Namib ry), terwyl ’n termo-elektriese koelkas – eintlik ’n koelhouer op steroïede – nie eintlik goed koel kan hou as dit blitswarm buite is nie (ook ’n probleem is as jy deur die Namib ry).

Ag, gee my krag

Kyk, ’n draagbare yskas vréét krag. Dis veilig om dit met jou voertuig se battery aan die gang te hou terwyl jy ry, maar jy sal dwaas wees om dit vol te hou nadat jy kamp opgeslaan het. Belê eerder in ’n dubbelbatterystelsel en keer dat die yskas die battery pap trek.

’n Dubbelbatterystelsel het ’n tweede sel, wat nes die hoofbattery deur jou voertuig se alternator gelaai word terwyl jy ry. In plaas daarvan om jou yskas of ander 12 V-toerusting vanaf die hoofbattery te laat loop, kan jy nou die tweede battery hiervoor gebruik.

En as dit pap raak, kan jy steeds jou voertuig in die oggend aanskakel (en keer dat almal vir jou lag).

Groot of klein?

Voor jy die kinders se trustfonds plunder om die eerste die beste yskas te koop wat jou aandag trek, dink eers mooi oor watter grootte yskas jou behoeftes gaan pas. Ons het die yskaste op die volgende manier gegroepeer:

  • Klein (< 40 liter).
  • Dis geskik vir paartjies of oornag-uitstappies. Ondanks hul grootte (of gebrek daaraan), is baie van dié yskaste nie veel goedkoper as die groteres nie. Dis omdat hulle dieselfde kompressor- en verkoelingstelsel gebruik, wat die duurste deel van ’n yskas is.
  • Middelslag (40-59 liter).
  • Dié gesinsgrootte yskaste is verreweg die gewildste. Let daarop dat party modelle ’n prop het wat nie in ’n sigaretaansteker pas nie (soos Hella of Brad Harrison), en dit sal dalk nodig wees om ’n spesiale sok in jou 4x4 te laat insit.
  • Groot (60 liter +).
  • Dis die gróót kanonne. Hiervoor sal jy ’n sleepwa nodig hê – óf vir die yskas óf alles wat gewoonlik agterin die voertuig gepak word. Baie groot yskaste (100 liter +) is bedoel vir kommersiële safari-operateurs en die jagbedryf, en is nie deel van ons keuse nie.
  • Kombinasie-eenhede.
  • As jy effens verkoelde botter en gevriesde tjops wil hê, is hierdie knaap met ’n afsonderlike ys- en vrieskompartement die een om te koop. Maar… dis groot – en duur.

Bl 2 | Lees eers die fynskrif

Lees eers die fynskrif

Hier is ’n uiteensetting van die tabelle op die volgende vyf bladsye. Dit gee jou ook ’n aanduiding van waarna om te kyk as jy ’n yskas koop.

Volume.

Saam met die prys is dít gewoonlik die deurslaggewende faktor. As jy ’n Japannese soemospan moet voer, sal jy mooi moet dink oor die volume van die yskas wat jy wil koop.

Afmetings.

As gevolg van die kompressor en dik isolering wat nodig is om die hitte buite en die koue binne te hou, is draagbare yskaste bonkig. Jy moet dus seker maak die yskas gaan in jou kattebak of sleepwa pas.

Gewig.

As jy bang is dat die yskas te swaar gaan wees, kies een met ’n plastiekhuls eerder as een van metaal.

Huls.

Vlekvrye staal is gewild en bekend daarvoor dat dit ekstra taai is. Maar dis nie noodwendig sterker as ander materiaal nie. En dis geneig om warmer in die son te raak as ander materiaal. Dis waarom jy ook yskaste met ’n plastiek- of epoksiebedekte huls kan oorweeg.

Kragtoevoer.

Die meeste yskasmodelle gebruik sowel 12V-gelykstroom (DC) én 220V-wisselstroom (AC). Dít beteken jy kan dit met jou voertuig se battery in die bos aan die gang hou en dit ook by 220V-huiskrag inprop. Van die kleiner modelle gebruik net 12V.

Kraggebruik.

Dít gee aanleiding tot heelwat argumente om die kampvuur, maar dis meestal ’n geval van berge en molshope.

Ja, party yskaste gebruik aanvanklik ’n klomp krag om vinnig koud te word, maar gebruik dan lank omtrent geen krag nie. Ander raak weer stadiger koel, maar met meer siklusse per uur.

Uiteindelik, oor ’n tydperk van 24 uur, is dit maar ses van die een en ’n halfdosyn van die ander en ander faktore, soos hoe dikwels jy die deksel oplig, het die grootste invloed om die werking van die yskas.

Die syfers in die tabelle is die vervaardigers s’n, en wissel aansienlik. Vat dit maar met ’n knypie (of ’n sak) sout, want vervaardigers probeer uiteraard alles in hul vermoë om hul yskaste se kraggebruik laer as dié van hul mededingers te laat lyk.

ARB gee byvoorbeeld ’n gemiddelde kraggebruik van net 0,87A aan, maar die fynskrif sê dis vir ’n binnetemperatuur van 3 °C in ’n omgewingstemperatuur van 26-31 °C.

Die meeste ander vervaardigers grond hul syfers op ’n binnetemperatuur van onder vriespunt en ’n hoër omgewingstemperatuur.

Soort kompressor.

Duits vervaardigde Danfoss-kompressors het ’n reputasie as die beste in die bedryf, maar al die vervaardigers beweer hul kompressors is nét so doeltreffend en betroubaar.

Soort prop.

’n Sigaretaanstekerprop is die algemeenste, maar jou voertuig se sigaretaanstekersok gaan dalk nie opgewasse daarvoor wees nie – dis dikwels nie bedraad om die hoë kraggebruik te kan hanteer nie. Vra die verkoopsman of lees die aanwysings noukeurig.

Van die groter yskaste het robuuste proppe soos Hella en Brad Harrison. Dis uitstekende proppe, maar jy sal ’n ooreenstemmende sok in jou voertuig moet aanbring.

Bedrading en prop-probleme is van die grootste yskaskopsere. Boonop kan dit daartoe lei dat die yskas nie behoorlik werk nie of dat ’n sekering blaas. Laat eerder die prop aansit en die bedrading doen by ’n erkende outo-elektrisiën of ’n 4x4-werkwinkel.

Outomatiese uitsnyfunksie.

Dis veral belangrik as jy beplan om die yskas met jou voertuig se hoofbattery aan die gang te hou. Dié funksie skakel die yskas outomaties af as die battery se stroomspanning laag raak – dus is daar geen gevaar dat die battery sal pap raak nie.

Bl 3 | KoopgidsEn die keuse is... Koopgids 1 - 3

1. ENGEL 15 LITER

VOLUME 15 liter

AFMETINGS (L x B x H) 54.8 x 30.6 x 36 cm

GEWIG (KG) 17 kg

HULS Plastiek

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 0,5-2,5 A (maks)

SOORT KOMPRESSOR

Sawafuji swing motor

TEMPERATUUR -18 °C tot +5 °C

SOORT PROP

Sigaretaansteker

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Nee

WAT NOG?

• Engel se Sawafuji-kompressor kan teen ’n hoek van tot 45 °C werk;

• Die modulêre ontwerp is nuttig vir herstelwerk.

PRYS R5 600

2. ENGEL 21 LITER

VOLUME 21 liter

AFMETINGS (L x B x H) 53,8 x 30,6 x 46,2 cm

GEWIG (KG) 18 kg

HULS Plastiek

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 0,5-2,5 A (maks)

SOORT KOMPRESSOR

Sawafuji swing motor

TEMPERATUUR -18 °C tot +5 °C

SOORT PROP

Sigaretaansteker

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Nee

WAT NOG?

• Sien die Engel 15 liter se spesiale kenmerke.

PRYS R5 900

3. WAECO CF-25

VOLUME 25 liter

AFMETINGS (L x B x H) 55 x 26 x 42,5 cm

GEWIG (KG) 12 kg

HULS Plastiek

KRAGTOEVOER Net 12 V DC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 3 A

SOORT KOMPRESSOR Danfoss

TEMPERATUUR -18 °C tot +10 °C

SOORT PROP

Sigaretaansteker/Hella-kombinasieprop

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Ja

WAT NOG?

• Liggewig plastiekhuls;

• Maklike digitale verstelling;

• Dis net 26 cm breed en kan dus tussen die voorste sitplekke van party 4x4’s inpas.

PRYS R6 000

Bl 4 | Koopgids: 4 - 6Koopgids: 4 - 6

4. CAMPMASTER 40 LC45S

VOLUME 40 liter

AFMETINGS (L x B x H) 60 x 40 x 47 cm

GEWIG (KG) 21,5 kg

HULS Vlekvrye staal

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 2 A

SOORT KOMPRESSOR Danfoss

TEMPERATUUR -25 °C tot +10 °C

SOORT PROP Hella

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Ja

WAT NOG?

• Engel se Sawafuji-kompressor kan teen ’n hoek van tot 45 °C werk;

• ’n Beweerde laagste temperatuur van -25 ºC.

PRYS R5 000

5. ENGEL 40 LITER

VOLUME 40 liter

AFMETINGS (L x B x H) 60 x 40 x 47 cm

GEWIG (KG) 24 kg

HULS Staal

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 0,5-2,5 A (maks)

SOORT KOMPRESSOR Sawafuji

TEMPERATUUR -18 °C tot +5 °C

SOORT PROP Sigaretaansteker

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Nee

WAT NOG?

• Sien die Engel 15 liter se spesiale kenmerke.

PRYS R7 500

6. SNOMASTER/KELLERMANN BD40ACDC

VOLUME 40 liter

AFMETINGS (L x B x H) 61 x 44 x 53 cm

GEWIG (KG) 22 kg

HULS Vlekvrye staal

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 4 A

SOORT KOMPRESSOR Snomaster

TEMPERATUUR -22 °C tot +10 °C

SOORT PROP Sigaretaansteker/Hella-kombinasieprop

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Ja

WAT NOG?

•

Dik isolasie (6 cm);

•

’66 W-kompressor (kragtiger as die meeste ander);

•

Gratis gewatteerde oortreksel.

PRYS R6 000

Bl 4 | Koopgids: 7-10Koopgids: 7 - 107. ENGEL 32 LITER

VOLUME 32 liter

AFMETINGS (L x B x H) 64,8 x 36,4 x 40,8 cm

GEWIG (KG) 21 kg

HULS Staal

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 0,5-2,5 A (maks)

SOORT KOMPRESSOR Sawafuji

TEMPERATUUR -18 °C tot +5 °C

SOORT PROP Sigaretaansteker

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Nee

WAT NOG?

• Sien die Engel 15 liter se spesiale kenmerke.

PRYS R6 600

8. SNOMASTER/KELLERMANN BD40PAD

VOLUME 35 liter

AFMETINGS (L x B x H) 63 x 35 x 43 cm

GEWIG (KG) 16 kg

HULS Plastiek

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 4 A

SOORT KOMPRESSOR Snomaster

TEMPERATUUR -22 °C tot +10 °C

SOORT PROP Sigaretaansteker/Hella-kombinasieprop

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Ja

WAT NOG?

• 66 W-kompressor, maar die plastiekhuls maak dit bekostigbaar;

• ’n 2 liter-bottel kan regop staan.

PRYS R3 800

9. ENGEL ECLIPSE 38

VOLUME 38 liter

AFMETINGS (L x B x H) 63,6 x 36,6 x 48,3 cm

GEWIG (KG) 22 kg

HULS Plastiek

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 0,5-2,75 A (maks)

SOORT KOMPRESSOR Sawafuji

TEMPERATUUR -18 °C tot +5 °C

SOORT PROP Sigaretaansteker

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Nee

WAT NOG?

• Sien die Engel 15 liter se spesiale kenmerke;

• Plus… ’n taai plastiekhuls wat lig en meer bekostigbaar is.

PRYS R5 600

10. NATIONAL LUNA 40 LITER

VOLUME 39,8 liter

AFMETINGS (L x B x H) 63,5 x 42 x 51,5 cm

GEWIG (KG) Alum.: 23 kg; V-staal: 29 kg

HULS Aluminium of vlekvrye staal

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 2,5 A (gemiddeld)

SOORT KOMPRESSOR Danfoss

TEMPERATUUR -30 °C tot +20 °C

SOORT PROP Hella

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Ja

WAT NOG?

• Bougehalte en rugsteundiens;

• Digitale temperatuurverstelling;

• Binnelig.

PRYS Aluminium: R8 200; Vlekvrye staal: R9 750

Bl 5 | Koopgids: 11-14Koopgids: 11 - 14 11. MINUS 40 CARAVELLE

VOLUME 40 liter

AFMETINGS (L x B x H) 68 x 48 x 37 cm

GEWIG (KG) 25 kg

HULS V-staal of epoksiebedekte staal

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 3,2-3,8 A

SOORT KOMPRESSOR Danfoss

TEMPERATUUR -25 °C tot +12 °C

SOORT PROP Brad Harrison

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Ja

WAT NOG?

• Geharde yskas en goed geïsoleer.

PRYS Epoksiebedek: R7 800; Vlekvrye staal: R9 100

12. ARB 47 LITER

VOLUME 47 liter

AFMETINGS (L x B x H) 70,5 x 38 x 50,8 cm

GEWIG (KG) 22 kg

HULS Plastiek

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 0,87 A

SOORT KOMPRESSOR Danfoss

TEMPERATUUR -18 °C tot +10 °C

SOORT PROP Sigaretaansteker/Hella-kombinasieprop

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Ja

WAT NOG?

• Uitstekende isolasie;

• Maklike digitale verstelling;

• Binnelig (LED);

• Dreineeropening.

PRYS R8 000

13. WAECO CF-50

VOLUME 49 liter

AFMETINGS (L x B x H) 63 x 36 x 48 cm

GEWIG (KG) 18 kg

HULS Plastiek

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 3 A

SOORT KOMPRESSOR Danfoss

TEMPERATUUR -18 °C tot +10 °C

SOORT PROP Sigaretaansteker/Hella-kombinasieprop

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Ja

WAT NOG?

• Liggewig plastiekhuls;

• Maklike digitale verstelling;

• Gratis gewatteerde oortreksel.

PRYS R6 700

14. NATIONAL LUNA WEEKENDER 52

VOLUME 52 liter

AFMETINGS (L x B x H) 71 x 38,5 x 50,6 cm

GEWIG (KG) Alum.: 23 kg; Vl. staal: 27 kg

HULS Aluminium of vlekvrye staal

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 2,5 A

SOORT KOMPRESSOR Danfoss

TEMPERATUUR -30 °C tot +20 °C

SOORT PROP Hella

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Ja

WAT NOG?

• Digitale temperatuurverstelling;

• Binnelig;

• Deksel met tweekantige skarniere;

• Ingeboude batterymonitor.

PRYS Aluminium: R7 750; Vlekvrye staal: R8 750

Bl 6 | Koopgids: 15-17Koopgids: 15 - 17 15. WAECO CF-60

VOLUME 59 liter

AFMETINGS (L x B x H) 63 x 36 x 58 cm

GEWIG (KG) 21,6 kg

HULS Plastiek

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 3 A

SOORT KOMPRESSOR Danfoss

TEMPERATUUR -30 °C tot +20 °C

SOORT PROP Sigaretaansteker/Hella-kombinasieprop

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Ja

WAT NOG?

• Liggewig plastiekhuls;

• Maklike digitale verstelling;

• Gratis gewatteerde oortreksel.

PRYS R7 700

16. SNOMASTER/KELLERMANN BD60ACDC

VOLUME 60 liter

AFMETINGS (L x B x H) 66 x 39 x 50 cm

GEWIG (KG) 26 kg

HULS Vlekvrye staal

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 4 A

SOORT KOMPRESSOR Snomaster

TEMPERATUUR -22 °C tot +10 °C

SOORT PROP Sigaretaansteker/Hella-kombinasieprop

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Ja

WAT NOG?

• Dik isolasie (6 cm);

• 66 W-kompressor (kragtiger as die meeste ander);

• Gratis gewatteerde oortreksel.

PRYS R7 000

17. MINUS 40 SAFARI

VOLUME 60 liter

AFMETINGS (L x B x H) 83,5 x 51 x 50 cm

GEWIG (KG) 35 kg

HULS Vlekvrye staal of epoksiebedekte staal

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 3,2-3,8 A

SOORT KOMPRESSOR Danfoss

TEMPERATUUR -25 °C tot +12 °C

SOORT PROP Brad Harrison

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Ja

WAT NOG?

• Geharde ontwerp en goed geïsoleer.

PRYS Epoksiebedek: R9 800; Vlekvrye staal: R10 500

Bl 7 | Koopgids: 18-20 Koopgids: 18 - 20 18. SNOMASTER/KELLERMANN BD80ACDC

VOLUME 80 liter

AFMETINGS (L x B x H) 77 x 57 x 52 cm

GEWIG (KG) 32 kg

HULS Vlekvrye staal

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 4,5 A

SOORT KOMPRESSOR Snomaster

TEMPERATUUR -22 °C tot +10 °C

SOORT PROP Sigaretaansteker/Hella-kombinasieprop

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Ja

WAT NOG?

• Dik isolasie (6 cm);

• 66 W-kompressor (kragtiger as die meeste ander);

• Gratis gewatteerde oortreksel.

PRYS R8 000

19. WAECO CF-80

VOLUME 80 liter

AFMETINGS (L x B x H) 79 x 50 x 45,5 cm

GEWIG (KG) 29 kg

HULS Bedekte staal

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 4 A

SOORT KOMPRESSOR Danfoss

TEMPERATUUR -18 °C tot +10 °C

SOORT PROP Sigaretaansteker/Hella-kombinasieprop

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Ja

WAT NOG?

• Liggewig plastiekhuls;

• Maklike digitale verstelling;

• Gratis gewatteerde oortreksel.

PRYS R8 700

20. CAMPMASTER 90 LC95S

VOLUME 90 liter

AFMETINGS (L x B x H) 80 x 55 x 50 cm

GEWIG (KG) 29 kg

HULS Vlekvrye staal

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 2,4 A

SOORT KOMPRESSOR Danfoss

TEMPERATUUR -25 °C tot +10 °C

SOORT PROP Hella

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Ja

WAT NOG?

• Danfoss-kompressor + vlekvrye staal = goeie waarde;

• ’n Beweerde laagste temperatuur van -25 ºC.

PRYS R7 000

Bl 8 | Koopgids: 21-24 Koopgids: 21 - 24 21. ENGEL 60 LITER

VOLUME 60 liter

AFMETINGS (L x B x H) 79 x 49 x 44,1 cm

GEWIG (KG) 33 kg

HULS Staal

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 0,5-4,2 A (maks)

SOORT KOMPRESSOR Sawafuji

TEMPERATUUR -18 °C tot +5 °C

SOORT PROP Geen prop nie – jy kan kies.

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Nee

WAT NOG?

• Sien die Engel 15 liter se spesiale kenmerke.

PRYS R9 600

22. NATIONAL LUNA 65 LITER

VOLUME 66,8 liter

AFMETINGS (L x B x H) 63,5 x 42 x 71,5 cm

GEWIG (KG) 29 kg

HULS Aluminium

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 2,5 A

SOORT KOMPRESSOR Danfoss

TEMPERATUUR -30 °C tot +20 °C

SOORT PROP Hella

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Ja

WAT NOG?

• Digitale temperatuurverstelling;

• Sy basis is dieselfde as die 40 liter-model, maar is baie hoër; daarom is dit ideaal vir karavane.

PRYS R9 450

23. ENGEL 80 LITER

VOLUME 75 liter

AFMETINGS (L x B x H) 79 x 49 x 56,1 cm

GEWIG (KG) 40 kg

HULS Staal

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 0,5-4,5 A (maks)

SOORT KOMPRESSOR Sawafuji

TEMPERATUUR -18 °C tot +5 °C

SOORT PROP Geen prop nie – jy kan kies.

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Nee

WAT NOG?

• Sien die Engel 15 liter se spesiale kenmerke.

PRYS R12 300

24. NATIONAL LUNA 80 LITER

VOLUME 79,7 liter

AFMETINGS (L x B x H) 63,5 x 42 x 71,5 cm

GEWIG (KG) Alum.: 29 kg; V-staal: 41 kg

HULS Aluminium of vlekvrye staal

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 2,5 A

SOORT KOMPRESSOR Danfoss

TEMPERATUUR -30 °C tot +20 °C

SOORT PROP Hella

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Ja

WAT NOG?

• Bougehalte en rugsteundiens;

• Digitale temperatuurverstelling;

• Binnelig.

PRYS Aluminium: R9 750; Vlekvrye staal: R11 300

Bl 9 | Koopgids: 25-28Koopgids: 25 - 2825. NATIONAL LUNA WEEKENDER 50 TWIN

VOLUME 40 liter-yskas en 10 liter-vrieskas

AFMETINGS (L x B x H) 71 x 38.5 x 50.6 cm

GEWIG (KG) Alum.: 23,6 kg; V-staal: 26,2 kg

HULS Aluminium of vlekvrye staal

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 2,5 A

SOORT KOMPRESSOR Danfoss

TEMPERATUUR -22 °C tot +20 °C

SOORT PROP Hella

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Ja

WAT NOG?

• Digitale temperatuurverstelling;

• Binnelig en tweekantige skarniere;

• Ingeboude batterymonitor;

• Albei kiste kan as vrieskas gebruik word.

PRYS Aluminium: R7 750; Vlekvrye staal: R8 750

26. ENGEL 60-LITER COMBI

VOLUME 32 liter-yskas en 25 liter-vrieskas

AFMETINGS (L x B x H) 79 x 49 x 44,1 cm

GEWIG (KG) 34 kg

HULS Staal

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 0,5-4,2 A (maks)

SOORT KOMPRESSOR Sawafuji

TEMPERATUUR -18 °C tot +5 °C

SOORT PROP Geen prop nie – jy kan kies.

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Ja

WAT NOG?

• Sien die Engel 15 liter se spesiale kenmerke.

PRYS R11 100

27. NATIONAL LUNA 74 LITER-DUBBELDEUR

VOLUME 29,5 liter- en 43,9 liter-kiste

AFMETINGS (L x B x H) 83,5 x 49,5 x 53,5 cm

GEWIG (KG) Alum.: 39 kg; Vl. staal: 43 kg

HULS Aluminium of vlekvrye staal

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 2,5 A

SOORT KOMPRESSOR Danfoss

TEMPERATUUR -18 °C tot +20 °C

SOORT PROP Hella

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Ja

WAT NOG?

• Digitale temperatuurverstelling;

• Binnelig;

• Elke kis is termostaat-beheer.

PRYS Aluminium: R12 550; Vlekvrye staal: R13 850

28. ENGEL 80-LITER COMBI

VOLUME 42 liter-yskas en 33 liter-vrieskas

AFMETINGS (L x B x H) 79 x 49 x 56,1 cm

GEWIG (KG) 40 kg

HULS Staal

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 0,5-4,5 A (maks)

SOORT KOMPRESSOR Sawafuji

TEMPERATUUR -18 °C tot +5 °C

SOORT PROP Geen prop nie – jy kan kies.

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Ja

WAT NOG?

• Sien die Engel 15 liter se spesiale kenmerke.

PRYS R14 000

Bl 10 | Koopgids: 29-30 Koopgids: 29 - 3029. WAECO CF-80 COMBO

VOLUME 30, 40 en 10 liter-kiste

AFMETINGS (L x B x H) 79 x 50 x 45,5 cm

GEWIG (KG) 29 kg

HULS Bedekte staal

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 4 A

SOORT KOMPRESSOR Danfoss

TEMPERATUUR -18 °C tot +10 °C

SOORT PROP Geen – Brad Harrison aanbeveel.

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Ja

WAT NOG?

• Liggewig plastiekhuls;

• Maklike digitale verstelling;

• Gratis gewatteerde oortreksel.

PRYS R8 700

30. NATIONAL LUNA 95 LITER-DUBBELDEUR

VOLUME 39,9 liter- en 54,7 liter-kiste

AFMETINGS (L x B x H) 83,5 x 49,5 x 63,5 cm

GEWIG (KG) 49 kg

HULS Vlekvrye staal

KRAGTOEVOER 12 V DC en 220 V AC

KRAGGEBRUIK (PER UUR) 2,5 A

SOORT KOMPRESSOR Danfoss

TEMPERATUUR -18 °C tot +20 °C

SOORT PROP Hella

OUTOMATIESE UITSNYFUNKSIE Ja

WAT NOG?

• Digitale temperatuurverstelling;

• Binnelig;

• Elke kis is termostaat-beheer.

PRYS R14 650

Koel yskasmaniere

As jy goed na jou yskas kyk, sal dit nog lank saam met jou toer. As jy dit stief behandel, sal dit soveel harder moet werk, en meer krag trek.

  • Bly koel, man.
  • Sit jou yskas voor die vakansie op huiskrag sodat dit behoorlik koud is teen die tyd dat jy vertrek.
  • Haastige hond…
  • Moenie warm goed in die yskas sit nie – verkoel of vries eers jou kos en drinkgoed. Dit sal baie minder druk op die battery en alternator plaas.
  • Wat sal dit wees?
  • Moenie die yskas oopmaak en dan eers begin wonder of jy lus is vir ’n Castle of ’n Windhoek nie. Elke keer dat jy deksel lig, word die lug binne warmer. Jy wil so vinnig as moontlik werk – besluit dus wat jy wil hê voor jy die deksel oopmaak.
  • Koel kwadraat.
  • Gebruik ’n koelboks saam met ’n yskas op ’n langer rit. Haal elke oggend die dag se kos, drinkgoed en ys uit die yskas en sit dit in die koelboks. Op dié manier maak jy die deksel (hopelik) net een keer per dag oop.
  • Omgewingsvriendelik.
  • Al is jou yskas goed geïsoleer, werk dit beter as dit op ’n koel plek staan. Hoe warmer die omgewingstemperatuur, hoe harder sal jou yskas moet werk. Probeer dus om dit uit die son te hou, en bedek dit verkieslik met ’n soort isoleermateriaal. Die meeste vervaardigers het yskasoortreksels hiervoor (vanaf sowat R600 vir kleiner yskaste tot R900 vir groter yskaste), of bedek dit met ’n kombers of ’n slaapsak. In ekstreme omstandighede werk ’n nat handdoek uitstekend. En belangrik: Moet net nie die in- en uitlaatgate bedek nie.
  • Klou om te hou.
  • Maak seker jou yskas is goed vas in jou voertuig. As dit rondhop, kan dit verniel en selfs die voertuig beskadig. ’n Maklike manier om ’n yskas vas te maak, is met stroppe (tie-down straps), maar as jy iets meer permanent soek, kan jy ’n yskasglyplaat laat installeer (vanaf sowat R1 250 vir kleiner yskaste en tot R2 300 vir groter yskaste; sonder arbeid).
  • Skoon gewete.
  • Kos en vloeistof beland nou maar eenmaal onderin jou yskas gedurende ’n vakansie. Maak dit goed skoon as jy by die huis kom, anders kry jy ’n verrassing as jy als vir jou volgende uitstappie begin afstof.
  • Pak slim.
  • Moenie blikke, bottels of ander skerp goed in die yskas los waar dit kan rondrol en die binnekant kan beskadig nie.

Waar koop ek dit?

Camp Master:

Makro/Game

Tel 0861 264 636;

Web

Engel:

4x4 MegaWorld

Tel 011 454 2875;

Web

Kellermann:

Campworld

Tel 012 797 7300;

Web

Minus 40:

Tel 021 386 2290;

Web

National Luna:

Tel 011 452 5438;

Web

Waeco:

Outdoor Warehouse

Tel 0800 003 051;

Web

765.3 KB
Nadine Thomson

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM