1. Só het die Hilux gelyk voor hy sy nuwe kappie gekry het. Zaaiman en Jannij het gevoel die ruimte bo die laaistelsel kon beter benut word.

2. Die raamwerk is in die werkswinkel in die aftreeoord waar die Zaaimans woon aanmekaargesweis.

3. Die dak lig met skarniere op en word met stutte bo gehou. Die deure word met gasarms oopgehou. Die bed se basis is in 'n raam wat bo die laaistelstel aan die kappie se raamwerk vasgesweis is. Dit het flappe aan weerskante wat saam met die kappie se deure uitvou sodat die matras inpas.

4. Die afmetings van die seilwerk is eers met lap gedoen, waarna die eindproduk deur Camp-A-Tent gemaak is.

5. Wanneer die slaapkappie toe is, is dit so groot soos 'n gewone kappie.

6. Die kappie se drie deure vou oop en die dak lig op om die slaaptent te vorm. Met behulp van 'n trapleertjie klim 'n mens agterop die bakkieklap en in die bed.

7. Die bed lê dwars oor die Hilux se bak, bo-oor die laaistelsel.

8. In die kampterrein bly die kappie opgeslaan en alles in die laaistelsel kan maklik van agter bereik word. 'n Groot bo-seil bied beskutting teen die elemente.
















