Buitelewe

Dikwiel stryk probleme uit

Roldie dikwiel

Jaco Denysschen van Rusternburg: Ekhet vir ons 'n Jurgens Oryx gekoop, maar was van die begin af nie regtigbeïndruk met die enkelneuswiel wat 'n mens standaard op hom kry nie - veral opgras en sand is dit moeilik om jou wa met só 'n smal wiel rond te beweeg.

Ekis terug na Jurgens toe en het vir die verkoopsman gesê die enkelwiel gaan nievir my werk nie. Hulle het hom teruggevat en vir my 'n dubbelwiel gegee,waarmee ek aanvanklik meer tevrede was. Ek is egter sterk op pad pensioen toe,het onlangs 'n rugoperasie gehad en het sommer gou besef die dubbelwiel is niedie antwoord nie, al was dit stukke beter as die enkelwiel.

Neuswiel
Neuswiel

Toebesluit ek om self 'n plan te maak. Ek het 'n 100 mm breë knortjorwiel in die handegekry en dié in die plek van die dubbelwiel gesit. Ek het die middelste plaatin die passtuk vir die dubbelwiel uitgesny, dit netjies gemaak en met 'n stukplatstaal (50 mm) versterk. Die nuwe wiel sit nou ordentlik op sy plek en my wakan nie makliker skuif nie - op gras óf op sand.

Maakdroog

Droogmaakrak
Droogmaakrak

Erika Potgieter van Kemptonpark: Onskamp graag en ons was op soek na 'n wasgoedlyn. Ons het in baie kampwinkelsrondgekyk vir 'n nuwe een, maar selfs die goedkoopstes was in die omgewing vanR700 elk. (Hierdie artikelis in 2016 geplaas).

Dieblad vam my ou strykplank by die huis was al gaar en ek was op die punt om homweg te gooi. My man, Andrew, het met daardie strykplank in sy motorhuis verdwynen 'n rukkie later met dié wasgoedlyn uitgestap. Hy het basies twee plaatjiesaan die onderskeie bopunte van die pote vasgebout, gaatjies in hulle geboor entou deurgeryg. Siedaar! Dit lyk netjies en vou lekker plat op, wat beteken hyis nommerpas vir die pakslag.

Hierdieartikel het oorspronklik in Wegsleep #90 (Julie 2016) verskyn. Ons probeer nuweinligting bywerk, maar feite en geite kon intussen verander het - laat weetgerus as jy so iets raaksien.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM