Buitelewe

Gereed, en... aksie!

(Kolesky/Nikon/Lexar)

Maak dit regtig saak? Ek wou aanvanklik 'n branderplankfotograaf wees. Ek het al my tyd in die water deurgebring. Naderhand het ek 'n groter mark in ander sportsoorte gesien. Branderplankfotografie het min blootstelling en redaksionele spasie in Suid-Afrika gekry; ek moes ander goed ook doen om te oorleef. Dis nou 20 jaar later en ek sou myself seker 'n avontuur-, sport- en leefstylfotograaf noem.

Neem foto's van dit waarvan jy hou. Dís die belangrikste stukkie raad wat ek enigeen kan gee. Werk hard, gee jou beste. Baie mense dink fotograwe is permanent op vakansie, maar wat ons doen, verg baie werk, tyd en geld. Vra vrae en gebruik al die beskikbare sosialemediaplatforms om jou werk ten toon te stel. Ek het begin in die dae van filmkameras, dus was my leerskool duur! Ek was 'n assistent op modefotosessies met dík begrotings. My deurbraak het rondom 2000 gekom toe ek aangestel is om die Red Bull Downhill Extreme, 'n wilde skaatsplankresies in Kaapstad, af te neem. Ek was mal daaroor en sedertdien neem ek foto's vir Red Bull. Ek is een van 'n groep fotograwe wat foto's verskaf vir hulle aanlynfotobank, wat beskikbaar gestel word aan tydskrifte en webblaaie wat oor ekstreme sportsoorte en avontuurreistogte skryf.

Beslis die see. Ek het op die strand in Jeffreysbaai grootgeword en was saam met my broers betrokke by amper elke watersport wat daar was. Ek ry steeds branderplank en wakeboard wanneer ek tyd kry en ek sal altyd 'n verbintenis met die water hê. Die see kan so vinnig verander en elke foto is anders - jy weet nooit wat jy gaan kry nie.

Jy moet jou omgewing verstaan. Leer oor die getye, maanfases en die weer. Hierdie dinge gaan jou help om te weet wat die see doen. Praat met plaaslike inwoners oor wat hulle kol uniek maak - dit sal help om jou werk te onderskei van ander s'n. Elke strand of rif het sy eie storie. En maak vriende! Jou foto's gaan net so goed wees soos die branderplankryer wat jy afneem. Gesels met die ouens en meisies en deel jou foto's met hulle.

(Kolesky/Nikon/Lexar)

Terwyl ek 'n paar jaar gelede op 'n wakeboard langs die Weskus aan die foto's neem was, het ek van 'n boot af tot op die kaai probeer spring. My tydsberekening was swak en ek het in die water beland met my hele kamerasak! Dit was nogal 'n duur ongeluk… 'n Ander keer - dié slag op Clanwilliam - het ek voor in 'n boot gesit en 'n ou wat wakeboard, afgeneem. 'n Groter boot het verby gejaag en 'n brander oor die boeg van ons boot laat breek, tot in my kamerasak. Weer! Dis maar alles deel van die werk.

Reis is wonderlik maar uitputtend, veral wanneer jy soveel toerusting ronddra. My laaste reis was Japan toe. Dit het 34 uur gevat om daar uit te kom. Ek het 48 uur in die land deurgebring vir die opdrag en nog 36 uur op pad terug. As jy vir werk reis, is daar selde tyd om te verken of toerisdinge te doen. Maar die mense wat ek ontmoet en die plekke wat ek deur my lens te siene kry maak die swaarkry die moeite werd.

As jy reg pak en die reëls ken, kan jy baie toerusting in jou handbagasie pas. Ek maak seker ek het al die noodsaaklike toerusting vir 'n sekere opdrag by my in die vliegtuig. Jou sakke maak 'n groot verskil. As jy 'n sak gebruik wat soos 'n kamerasak lyk, sal jy waarskynlik daaroor gevra word. En dan word die skaal uitgehaal… Ek gebruik F-Stop-sakke. Dit lyk soos stapsakke, maar het spesiale invoegsels wat jou kameras beskerm en als in orde hou. As ek toerusting inboek, is dit altyd in 'n Pelican-houer en ordentlik gesluit. Ek vat gewoonlik twee kameras - jy weet nooit wanneer jy 'n reserwe gaan nodig kry nie - en 'n verskeidenheid lense. As dit 'n branderplanksessie is, kom my groot Nikkor AF-S 600 f4D IF=EDII-lens saam met my op die vliegtuig. Daai yslike ding het amper sy eie sitplek nodig…

Wat is nog op jou lysie? Een van my eerste sessies as 'n professionele fotograaf was in Madagaskar en dit is 'n land wat altyd in my hart sal bly. Sri Lanka, Hawaii en Japan is ook besonderse plekke om te besoek. Plekke waarnatoe ek nog moet gaan? Patagonië en Noorweë is boaan die lysie…

Die artikel het oorpsronklik in Neem Beter Foto's 2016 verskyn, waarinNikon met professionele fotograwe gesels. Koop die digitale weergawe vanNeem Beter Foto's 2016 hier, en besoek Nikon se webtuiste vir meer inligting oor hulle produkte. Sien nog van Craig se foto's op sy webtuiste of Facebook-blad.

NIKON

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM