Buitelewe

Kamp in styl met die Destination Nature

Met sy Wonder-, Journey- en Dream-model het Destination-woonwaens homgevestig as een van dié bouers van swierige woonwaens in Suid-Afrika.

Danksy jare se ervaring het Destination nou 'n woonwa met 'n beproefteuitleg ontwerp waarmee elke mens kan kamp, sê André van Helsdingen, dieeienaar.

Hy het oor 'n tydperk 'n behoeftebepaling onder sy klante gedoen en diéterugvoer gebruik met die ontwerp van die Nature.

Omdat daar geen doelgemaakte veranderinge aan die standaard-Naturegedoen word nie, het dit 'n verdere positiewe nadraai.

Die Nature se bouproses is korter, wat 'n standaardproduksielyn tot gevolghet.

Dit dra verder by tot hoër gehalte en 'n beter prys.

André hou steeds by sy normale boumateriale, wat beteken die Nature seromp bestaan ook uit veselglas met 'n PVC-binnelaag.

Waar die ander modelle onafhanklike vering het, kry die Nature 'n dubbeleas met 'n gesamentlike vermoë van 3,5 t, bladvere en 'n skokbreker by elkewiel.

Met die lugreëling beweeg André teen die stroom.

Hy sê hy verkies die gewone huissoort bo dié wat spesifiek vir woonwaensontwerp is. Hulle is volgens hom doeltreffender en boonop kan jy op enige dorpmaklik onderdele in die hande kry.

Kom klim in

Die deur is in die linkerpaneel naby die stert. Links van die deur maakdrie kleiner buitedeurtjies oop wat jou toegang gee tot onderskeidelik diemikrogolfoond, rakkies (onder meer vir speserye) en die uitglykombuis.

Soos jy die deur oopmaak, staan die verwyderbare tafelblad voor jou teendie oorkantse paneel met twee bankies aan weerskante.

Dit slaan ook plat as ekstra bed van 1,9 x 1,2 m. Die badkamer, wat diehele breedte van die Nature opneem, is regs van jou.

Dis heeltemal afgesonder van die leefplek met 'n deur in die middel vandie paneel. As jy die badkamerdeur oopmaak, is die gesigwasbak met sy spieëlvoor jou, die storthokkie met sy glasdeur links, en die spoelkassettoilet indie oorstaande hoek regs.

As jy nou omdraai en na die neus kyk met die bankies regs van jou, isdaar kaste en laaie links met 'n werkblad en 'n netjiese hangplek bo dit virwynglase.

Bo dit, teen die dak, is nog twee kaste, en regs hiervan twee regop kastewat strek van die vloer tot die dak.

Die linkerkantse kas is ook vir kruideniersware, en die pakplek iswerklik ruim.

Die regterkas is vir klere: Die rakke is bo ingebou en jou klere ophangers kom in die onderkant.

Die regop ys-vrieskas is regoor die hoë kaste teen die rug van dienaaste bankie.

Die koningingrootte eilandbed staan dwars voor jou met die koppenentteen die linkerpaneel.

Die "kamer" lyk soos 'n luukse suite en hier is selfs twee vollengtespieëls plus nog een wat driekwart so lank is.

Die derde kas, ook van die vloer tot die dak, is regs langs een van diespieëls.

Twee van die Nature se drie vensters is in die kamer - een aan dieneuskant en die ander in die regterpaneel. Die ander een is bo die bankies.

Aan elke kant van die bed is 'n bedkassie en onder die neusvenster loop'n blad van kant tot kant met kaste daaronder én nog kaste bo teen die dak.

Die lugreëling is teen die kamer se dak, bo die bed se koppenent.

Wat is standaard?

Die Nature kom volledig toegerus, maar sonder skuiwers (R68 000) enhidrouliese gelykmaakstelsel (R78 000).

Spesifikasies

Model Nature

Slaapplek 4

Lengte 8 m

Breedte 2,45 m

Hoogte 2,7 m

Wiele 15"

Tarragewig 1 910 kg

Dravermoë 290 kg

BVM 2 200 kg

Standaardprys R600 000

Kontak 082 446 5692 of 072 218 7063; https://destinationcaravans.co.za/destinationcaravans.co.za;sales@destinationcaravans.co.za

Dit sluit in die badkamer met 'n stort, 'n voltent, ys-vrieskas,mikrogolfoond, breekware en messegoed vir 6 mense, 'n buitekombuis met 'nwasbak en induksieplaat, 15 A-Smart Victron-batterylaaier met 100 Ah-diepsiklusbattery,die 12 000 BTU-lugreëlaar en 'n noodwiel.

Destination Nature, BVM 2 200 kg, BVM 2 200 kg

Van die mededingers Padwaens met'n dubbelas

Gray, BVM 2 500 kg, R425 000

Het 15"-wiele en is 7,8 m lank met 'n veselglasmengbouromp.

Okto Chateau, BVM 1 890 kg, R535 900

Het 14"-wiele en is 7,84 m lank met 'n romp van veselglas enaluminium.

Quantum Pinnacle, BVM 1 950 kg, R462 000*

Het 14"-wiele en is 7,35 m lank. Die romp het'n veselglasbuitelaag, polistireen-isolasielaag en hout.

*Prys teen druktyd - 'n verhoging is te wagte.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM