Buitelewe

Kyk mooi voor jy koop

Illustrasie: Dominic Wienand
Illustrasie: Dominic Wienand (Liana Mocke)

Jy het jou wederhelfte oortuig 'n netjiese klein tweedehandse woonwa ispresies wat julle nodig het noudat die kinders almal uit die huis is. En teen 'n skamele bedrag is ditmos dubbel en dwars die moeite werd...koebaai, viermankoepeltent!

Ons het met kenners gesels oor 'n klompie basiese gevaartekens waaropvoornemende kopers bedag moet wees.

Wat sê dieboek?

'n Goeie plek om te begin is om uit te vind wat die boekiewaarde is vandie wa waarna jy kyk. Kyk sommer ook waarvoor soortgelyke modelle in die mark isen tref 'n vergelyking. As die verkoper die wa vir aansienlik minder adverteer,is die kans goed êrens is iets fout.

'n Vrotsigeaffêre

Houtvrot is een van die grootste kopsere wat jou kan oorkom as jy 'nwoonwa besit. Die probleem is dit rig groot skade aan sonder dat jy weet jou waly aan dié siekte. Van die groter handelaars gebruik 'n toestel wat vog meet omvas te stel of 'n wa houtvrot het. Jy gaan egter nie só 'n toestel hê wanneerjy na die wa gaan kyk nie, maar jy moet in die hoeke van die wa gaan voel. Maakdie kasdeure oop en voel in die hoeke op die lasplekke waar die panele bymekaarkom.As dit voel of die hout meegee as jy daarop druk, het jy 'n probleem.

'n Ander manier is om van die skroewe uit te draai. As die skroewe erggeroes is of glad nie wil uitdraai nie, is dit 'n teken van houtvrot. Ditbeteken nie noodwendig die einde van die wêreld nie, afhangende natuurlik vanhoe ernstig dit is. 'n Paneel of twee kan maklik en bekostigbaar vervang word,maar as jou wa dit erg onder lede het, kan die herstelwerk jou tot baie geld uit die sak jaag."

En nét so kos daai Sprite jounou meer as wat jy wou betaal het.

'N DAK OOR JOU KOP. Slaan die wa se opwipdak oop en gaan die seil en net noukeurig na. Kyk of hy oralordentlik vas is en soek skeurtjies en gate. Klein goedjies kan jy self regmaak.
'N DAK OOR JOU KOP. Slaan die wa se opwipdak oop en gaan die seil en net noukeurig na. Kyk of hy oralordentlik vas is en soek skeurtjies en gate. Klein goedjies kan jy self regmaak.

Stampkarretjie

Stap om die wa en kyk hombehoorlik van hoek tot kant deur, kyk vir krap- of stampmerke en kyk dan mooiof daar 'n gat in die alumium is. Daardie aluminium is net 3 mm dik, wat beteken ditwas nie noodwendig 'n harde stamp wat die gat gemaak het nie. Onder die alumiumis net rubberskuim en hout, en as dit aan die elemente blootgestel is, kan jyprobleme hê. Kyk ook na die vensters vir krake of stukkende plekke. 'n Nuwe eenkan duisende kos.

Kry ook 'n leer en kyk wat op die dak aangaan. Kyk vir krapmerke, wantdit is in 'n woonwa se aard dat hy al êrens teen 'n lae tak krapmerke gekryhet. Slaan ook die dak op en kyk na die seil vir stukkende plekke. Kleingoedjies sal jy nog self kan regmaak, maar as die skade erger is, gaan jy ditprofessioneel moet laat herstel.

Hegte bande

Teen dié tyd is dit al ou nuus dat bande verval. Dit is belangrik om na dievervaldatum op die bande te kyk, en indien hulle reeds verval het, moet jy dieprys van nuwes inreken.

Kyk mooi na die bande
Kyk mooi na die bande

Gaan lê opjou rug

Lê op jou rug en kyk wat onder die wa aangaan, veral onder die A-raam. Diemeeste woonwaens se A-raam word met 'n veselglaspaneel bedek en jy kan nieregtig sien hoe dit lyk as jy nie onder die wa inskuif nie. Hier kan jy kyk ofdaar iets soos roesskade is, iets wat veral voorkom by waens by kusstreke.Draai ook die hoekstutte af en kyk of dit ordentlik werk en stewig staan. Kykna die as vir ooglopende foute en kyk vir enige lasplekke of krake aan dieonderstel."

Jy kan ook die wa se koppelstuk in jou hande vat en kyk of jy hom maklik vorentoeen agtertoe kan beweeg. As hy maklik beweeg, beteken dit die skokbreker wat dieinloopremme beheer, het die gees gegee en moet vervang word.

Gedokumenteer

Maak van die begin af seker diewa se papierwerk is in orde en die inligting op die plaatjie stem ooreen metdié op die lisensieskyf. óf die verkoper óf jy gaan die wa deur die toets moetsit - maak veiligheidshalwe seker 'n besoek aan die weegbrug is deel van daardietoets, veral as jy 'n ouer woonwa wil koop.

Weg Ry & Sleep sê

Moenie oorhaastig wees nie. Maak seker jy weet wat jy koop en hoeveel dit jou gaan kos om jou wa kampgereed en padwaardig te kry.

Hierdieartikel is vir Facebook verwerk. Die oorspronklike artikel het in Wegsleep#97 (Maart 2017) verskyn.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM