Buitelewe

’n Hoepel vir jou rommel

Is jou asblik altyd te ver? Dié kampeerder het ’n oplossing vir jou. Wanneer ek kamp, is die asblik meerendeels ’n hele entjie se stap van my staanplek af. Ek het vir my ’n vullissakhouer aanmekaar gesweis waarom ek gewone plastieksakke waarin jy inkopies pak om die raam vou.Staander en voetSweis ’n stuk 8 mm-rondeyster van 80 cm lank (die staander) op ’n 10 mm-staaf van 25 cm lank (die voet).Heg noutwee stukke 10 mm-rondeyster van 20 cm elk aan die 25 cm-stuk vas sodat dit na ondertoe wys. Dié stafies dien as jou penne wat jy in die grond inkap.Sweis nou ’n 30 cm rondeyster aan die boonste punt van die staander asook twee 4 cm “pypies” aan elke punt van die rondeyster waarin hakies inpas wat jy later op die halfmaan ring gaan vassweis.Die hoepelBuig ’n 60 cm rondestaaf (8 mm) in ’n halfmaan sodat ’n plastieksak daarom kan pas.Sweis twee 4 cm rondeyster “punte” aan die twee kante van die halfsirkel sodat dit na ondertoe wys en in die “pypies” op die staander kan ingly. Jy kan dus die ring van die staander afhaal wanneer jy dit wegpak.Sweis vyf stukkies rondeyster van 2 cm elk (6 mm dik) op vyf punte aan die onderkant van die sirkel wat deur die sak steek en keer dat dit wegwaai.Hou jou ou kurkproppe en druk ’n kurkprop op elkeen van die skerp punte sodat niemand seerkry nie.

PETER LISTER

Somerset-Wes

WegSleep

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM