Buitelewe

Tuff Cats se Katsi-sleepwa: Klein maar getryn

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Tuff Cats bou Eben Etzebeth-agtige boswoonwaens: Hardebaard menere wat vir niks en niemand skrik of terugstaan nie.

As jy egter iets meer veeldoelig verkies, maar met dieselfde gene - soos Pieter-Steph du Toit, byvoorbeeld - kan jy gerus dié maatskappy se Katsi-model van nader bekyk.

Op die punt af

Die Katsi is só ontwerp dat jy hom uit die staanspoor kan toerus volgens jou behoeftes. Die wa het 'n plat deksel wat aan die linkerkant lig en deur twee gasstutte oopgehou word.

Binnelangs is die wa se kante en die binnekant van die deksel uitgevoer met 'n hoëdigtheidspons (25 mm dik) en mat. Die boom het 'n rubbermat.

Die romp het drie deure: Een voor elke wiel plus 'n agterdeur. Dis nommerpas as jy 'n laaistelsel of glyraam in gedagte het, en boonop is die deksel sterk genoeg vir iets soos 'n fietsrak of daktent.

Die romp bestaan uit enkelplaataluminium terwyl die deure 'n dubbele wand het.

Die onder­stel en vloer is gegalvaniseer, terwyl die romp se raamwerk ook van aluminium is. Die neuskas het twee sydeure en die bokant is versterk; jy kan dit dus as 'n houtrak gebruik.

Omdat die brutovoertuigmassa (BVM) op 750 kg vasgestel is, het jy nie 'n sleeprybewys (kode EB) nodig om die Katsi te sleep nie.

Hou wel in gedagte dat die sleepvoertuig 'n tarragewig van minstens 1 500 kg moet hê omdat die as ongerem is.

Die as self is vir 1 600 kg gegradeer en die Katsi word toegerus met 215/80 R15C-bande. Die noodwiel is ingesluit as jy die wa standaard koop.

Handelaarsnetwerk

Hoofkantoor in Centurion met takke in Gauteng, Mpumalanga, Noordwes en die Wes-Kaap.

Kontak 083 609 6947; sales@tuffcats.co.za; tuffcats.co.za

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM