Buitelewe

Vars voorkoms vir die Tonga

Die Tonga het in 2019 die lig gesien, maar die Kaapse vervaardiger Tojemhet pas dié klein kampwa se bakwerk heeltemal vernuwe.

Dit bestaan steeds uit veselglas, maar die panele is versterk, en jy kryook nou heelwat meer kaste.

Wat is anders?

Die opsigtelikste verandering is die kleur. Die houtskool kleur het plekgemaak vir beige en grys.

Die ontwerp van die stoepdak se houer - wat bo-op die dak sit - is ookverander sodat dit meer by die dak se profiel inpas.

Die stoepdak self het nie meer oorstaankante wat amper tot by die grondstrek nie, maar is meer van 'n standaard 270°-seildak wat van die agterdeur totby die neus strek.

In die neus is nou 'n 30 l-koelboks, en die kas langsaan, waar 'nys-vrieskas pas, is groter.

Pleks van net 'n 40 l-ys-vrieskas is hier genoeg plek vir 'n 60 l-model.

Soos met die vorige model lig die hele stertkant boontoe, en hieruitslaan 'n tent uit.

Die tent is heeltemal herontwerp: Pleks van die buitenste veerlatte krydit 'n paalraam aan die binnekant.

Hierdie raam vou saam met die tent op en pas dan in die deur sebinnekant.

'n Deksel pas hieroor om alles mooi in plek te hou. Die deksel doenegter ook diens as 'n los kamptafel - dis 'n nuwe toevoeging.

Die tent se twee sye kan heeltemal wegrits ingeval jy meer toegang vanalbei kante wil hê.

Die tent dien ook as 'n aantrekkamer, en hier is genoeg plek vir 'n losdriekwartbed - net reg vir twee klein kinders.

Aan die binnekant is heelwat meer kaste bygevoeg.

Dit sluit kaste in teen die dak by die hoeke - 'n slim gebruik vanbeperkte ruimte.

Die 35 l-watertenk staan by die deur links en jy maak hom van buite afvol en sy kraan is onder by die onderstel.

Die Tonga is in twee variante beskikbaar: Die Tonga 1, en die Tonga 2met 'n buitekombuis.

Die Tonga 1 is wel só ontwerp dat dit tot 'n Tonga 2 opgegradeer kanword.

Die standaardmodelle is ongerem met 'n brutovoertuigmassa van 750 kg,maar jy het ook die opsie van remme - wat die BVM opstoot tot 900 kg of 1 600kg.

Wat is standaard?

Die volgende is ingesluit: voorste venster, tent, los tafel, 270°-stoeptent met houer, koelboks, watertenk, al die binnerakke, opslaanmatras ennoodwiel. Die kragstelsel en glyraam vir die ys-vrieskas is opsioneel.

Spesifikasies

Model Tonga 1

Slaapplek 2-4

Lengte 4,2 m

Breedte 1,92 m

Hoogte 2,04 m

Wiele 15"

Tarragewig 520 kg

Dravermoë 230 kg

BVM 750 kg

Standaardprys R175 000

Kontak 021 945 2142; admin@tongasa.com;https://www.tongasa.com/tongasa.com

Tonga 1 BVM 750kg; R175000

Twee van die mededingers

Klein veselglaswoonwaens (teardrops uitgesluit)

Sherpa Tiny Lite R144000

Ongerem, 220V-kragstelsel, BVM van 750kg en 13"-wiele.

Badger Lite R218000

Toegerus met remme, 'n 12V/220V-kragstelselen 14"-wiele. Die BVM is 950kg.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM