Wys Beeld wat in jou wêreld aangaan
Gee jou kreatiwiteit vrye teuels en stuur foto’s vir Beeld van die dinge wat jou oog tref, jou hartsnare roer of jou die josie in maak.
Dit kan swak dienslewering wees, iemand wat ’n verskil in jou gemeenskap maak, protesoptogte of die natuurprag.
Of dit nou die pragtige kleure van ’n sonsondergang, ’n hartroerende gemeenskapsprojek of ’n unieke gebeurtenis is, neem dit af en deel dit met ons.
Foto’s moet verkieslik groter as 1 MB wees.
Verskaf ’n kort beskrywing van waar en wanneer die foto geneem is. Verskaf ook die fotograaf se naam, van en woongebied, asook kontakbesonderhede (dit word nie gepubliseer nie).
Stuur jou foto’s na lesersfoto@beeld.com.






