Huis + tuin

6 Dekormite

(Neville Lockhart)

Het jy nog altyd geglo wit laat ’n vertrek groter lyk? Of dat beige by alles pas? Diév dekorreëls is net ouvroustories.

Daar moet altyd ’n rusbank, stoel én koffietafel in ’n leefvertrek wees

Vergeet van wat in ’n vertrek moet en nie moet wees nie – dink eerder aan waarvoor die vertrek die meeste van die tyd ingespan word. In dié vertrek is voldoende speel- en sitplek op die mat belangrik en ’n koffietafel sou onnodige ruimte in beslag geneem het.

(Neville Lockhart)

'n Plafon moet altyd wit wees

Die meeste plafonne is wit omdat dit help om lig te weerkaats en ’n vertrek eweredig te belig. Die oog beweeg gewoonlik na die ligste kleur in ’n vertrek – die plafon. As jy egter ’n spesiale ontwerp het wat die oog moet trek, kies ’n donkerder plafon. In dié kamer vang die ontwerp teen die muur eerste die oog, waarna dit na die plafon beweeg.

(Jan Ras)

Kies jou tapyt laaste

Binne-ontwerpers kies dikwels die Persiese of handgeweefde tapyt in ’n vertrek eerste en bepaal dan die kleurskema daarvolgens. Dit is moeiliker om ’n mat te vind wat by die kleure van jou meubels pas as om meubels te kry wat by jou mat pas.

(Jan Ras)

'n Vertrek moet altyd 'n lig in die plafon hê

Beligting hoef nie altyd in die plafon te wees nie. In dié vertrek verskaf twee staanlampe genoeg lig en ’n heerlike atmosfeer. Maak seker daar is genoeg taakbeligting vir lees en huiswerk. Kerse kan vir ekstra atmosfeer ingespan word.

(Neville Lockhart)

Verf 'n vertrek wit om dit groter te laat lyk 

Die meeste mense glo ’n klein vertrek moet wit geverf word om groter te lyk, maar donker verf kan ’n knus karakter beklemtoon en dit interessanter maak. Dink aan die stelling wat jy wil maak en nie aan die “reëls” nie. Hoewel verskillende kleure mure ’n vertrek kleiner kan laat lyk, skep dit ’n intieme dog vrolike atmosfeer.

(Roger)

Elke kombuis moet ’n werkdriehoek hê

Die werkdriehoek – ’n denkbeeldige driehoek tussen die stoof, yskas en opwasplek – is aanvanklik ontwerp om minimale verkeer en gemaklike vloei in die kombuis te verseker. Vandag is die nuwe gonswoord “sone-ontwerp”, wat dui op vier sones in die kombuis: voedselbereiding, kook, bak en skoonmaak. Dit is veral nuttig in kombuise waar meer as een persoon doenig is.

(Neville Lockhart)
admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM