V: Hoe kan ek my oorvol badkamer meer georden laat lyk?
A: Badkamers kan gou oorvol lyk weens die magdom botteltjies en toiletware wat noodgedwonge daar gehou moet word. Slim pakplek is altyd die oplossing as dit by klein ruimtes kom – nie net sal dit jou badkamer groter laat lyk nie, maar inwoners sal dit ook makliker vind om die vertrek te gebruik, want elke ding sal op sy plek wees.














