’n Leser skryf: My slaapkamerkas het vier melamiendeure waarvan een ’n gat in het. Om al vier te vervang, sal te duur wees, maar ek wil nie hê die een moet anders lyk as die ander nie. Het julle enige raad?
Jani Goussard van Paint & Décor DIY antwoord: ’n Produk wat tans die selfdoen-wêreld aan die gons het, is Annie Sloan Chalk Paint. Jy kan dit direk op jou melamienkaste aanwend én dis ekovriendelik, wat dit perfek maak vir slaapkamers. Jy kan dus net die een deur vervang en dan al die deure verf. Was eers al die deure met suikerseep en skuur dit liggies met 180-grint-skuurpapier (dis nie ’n vereiste nie, maar sal help dat die verf selfs beter aan die melamien kleef). Wag tot die verf droog is (sowat 20 minute) en seël dit met Annie Sloan Clear Soft Wax of met ’n waterbasis-seëlaar wat nie sal vergeel nie. Vir prettige alternatiewe, kan jy die deure met rame en/of profiele versier. Gebruik alkantkleefband om die rame aan die deure vas te sit. Geniet die projek! Besoek paintdecordiy.co.za vir meer.

http://tuis.co.za/mobile/selfdoen-mobile/blink-planne/attachment/blackboards/

http://tuis.co.za/mobile/selfdoen-mobile/blink-planne/attachment/frames-onder-strepe/













