Huis + tuin

Blommeprag

Monica Claassens skryf: Ek wil graag meer weet oor die oorsprong van dié stoel.

Jo-Marie Rabe, meubelhistorikus en mede-eienaar van Piér Rabe Antiques, antwoord: Dié tipe stoeltjie staan in die volksmond bekend as die “Daisy Back”-stoel – die naam is afgelei van die blompatroon op die boonste rugsport. Dit vorm deel van die kothuistradisie en is een van ’n groep meubels wat plaaslik as Amerikaanse koloniale meubels bekend staan. Van die ander stoele in dié kategorie is die “veerrug”- en “niertjierug”-stoel (afhangende van die patroon op die rugsporte). Dié stoele is op groot skaal in fabrieke in Noord-Amerika vervaardig en regoor die wêreld versprei. Duisende sulke stoele is gedurende die dekades net voor en ná die 1900’s na Suid-Afrika uitgevoer. Volgens John Kench in Cottage Furniture in South Africa het die stoele in los dele hier aangekom en is dit plaaslik aanmekaargesit. As jou stoel deel is van ’n stel, sal die waarde effe meer wees.

OUDERDOM Circa 1900’s

WAARDE R500-R600

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM