Huis + tuin

Bly staande

Piet Rademeyer skryf: By ons huis staan ’n Akasia elataboom wat die vorige eienaar in 1979 geplant het. Ek verstaan dat dié bome sommer oornag kan omval. Is daar enige tekens waarvoor ons moet oplet om skade te voorkom?

JJ antwoord: Ongelukkig kan sterk wind dié bome maklik omwaai aangesien die gedeelte bo die grond te swaar kan raak vir die wortels. Hoewel dit ’n ongewenste uitheemse boom is, sou ek nie summier daarvan ontslae raak nie, maar sy massa gedurig verminder om die balans reg te hou. Kry een keer elke twee jaar iemand om sowat 20–30% van die takke en blare te verwyder en die plant sodoende kleiner te hou.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6159/caa4e949bb0f4c34ae807c58080a0627.jpg

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM