Helder jou tuin op met ’n bedding vol blomme en blaarplante in warm kleure.
Plantlys:
• Suurbessie (Berberis thunbergii f. atropurpurea): Uitheems, bladwisselend, meerjarig, volson
• Marmeladebos (Streptosolen jamesonii): Uitheems, immergroen, meerjarig, volson tot halfskaduwee
• Vergeet-my-nie-boom (Duranta erecta ‘Sheena’s Gold’): Uitheems, meerjarig, immergroen, volson
• Goueswane (Crocosmia masonorum): Inheems, bladwisselend, meerjarig, volson tot halfskaduwee
• Vuurpyl (Kniphofia ‘Yellow Cheer’): Inheems, immergroen, meerjarig, volson
• Meisie-oë (Coreopsis grandiflora): Uitheems, immergroen, meerjarig, volson
• Lychnis coronaria: Uitheems, immergroen, meerjarig, volson
• Kombersblomme (Gaillardia-spp.): Uitheems, immergroen, meerjarig of eenjarig, volson
• Petunia (Petunia-hibriede): Uitheems, eenjarig, volson
• Kaliforniese papawer (Eschscholzia californica): Uitheems, eenjarig, volson
Plantgids
Volksnaam Kombersblom
Botaniese naam Gaillardia-spp.
- Volson
- Rypbestand
- Gemiddelde waterbehoeftes
- Groei sowat 750 mm hoog
- Blom somer tot herfs
- Goeie plukblom
Kombersblomme in skakerings van geel, rooi en oranje is pragtig in ’n bedding met warm kleure. Hulle groei goed in arm, sanderige grond met goeie dreinering en sal in die grootste deel van die land goed aard. Dié taai plant het nie veel aandag nodig nie – maak hulle nat in droë tye en veral in die somer in winterreëngebiede, maar moenie te veel kos en water gee nie, want dan sal die plant meer blare as blomme produseer. Om seker te maak jou kombersblomme hou aan met blom, sny die ou blomstele gereeld af. Dit groei maklik van saad. Verdeel gevestigde plante vroeg in die lente.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6160/3ecd3822adac47258f3c9ee08dd7091c.jpg













