Niks sê Frans soos weelderige beddegoed, Paryse motiewe en swierige bedkassies nie – alles in ’n neutrale palet.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2015/02/078-tuis-16031m.jpg
Al die regmerke
• ’n Muur agter die bed laat die lieflike Franse kopstuk tot sy reg kom en skei die slaap- en aantrekdeel sonder om die oopplan-uitleg te belemmer.
• ’n Kombinasie van Paryse en voëlmotiewe komplementeer die Franse gevoel en skep ’n treffende kontras met die rou sementvloer.
• Spatsels geel en sagte blougroen gee die klassieke Franse meubels ’n moderne voorkoms.
• Verskillende teksture – van kant en ’n antieke geborduurde laken tot ’n weelderige kwilt – word gekombineer vir ’n stylvolle, romantiese voorkoms.













