Dié sterk rooi-en-groen kleurskema, geïnspireer deur die ryk teksture en patrone wat jy in Midde-Oosterse, Mexikaanse en Mediterreense teëls, speserye en kos teëkom, is ’n kombinasie van vintage Ikat met ’n vars, kontemporêre kleurinspuiting, antieke meubelstukke en kunswerke – alles in ’n lieflike gelaagde voorkoms vir ekstra trefkrag.
beduie die binneversierder Sarah Ord, en dié lewende skema van botsende kleure en patrone wérk, aangesien die neutrale mure en vloer sorg dat die vertrek nie oorweldig nie.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6149/1c4f9db7f3b2457cb315e194d27f1824.jpg

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6149/7a3c572a075043c2abe8b01e8a860faf.jpg
Het jy geweet?
Ikat is lap met ingewikkelde patrone geweef van drade wat vooraf geknoopdoop is.
Ravello-leunstoele (R8000 elk), suurlemoengeel keramieklamp (R1800), lampkap?met Ghanese drukwerk (R620), Chinese keramiekstoeltjies (R1400 elk), ronde geelkoperskinkbord (R550), geel mandjie (vanaf R230), swaar gekerfde houtbak (R950), geraamde geborduurde panele (R1500), Ravello Campari-kussing (R650), kersierooi Ikat- strooikussing (R250), gordynlap in Palma Campari (R360/m) en groen bamboesdeken (R590) van Sarah Ord Interiors.













