Huis + tuin

Naweekprojek: Bou jou eie plantboks!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Foto's Francois Oberholster l Stilering Marian van Wyk

PROJEKGIDS

Harde werk 4/10

Vaardigheidsvlak 4/10

Tyd nodig 1 tot 2 uur

Klaar grootte 600 mm(H) x 540 mm (L) x540 mm (B)

Wat jy nodig het

INKOPIELYS

• 22 x 44 x 3 000mm- geskaafdedennehout, gesaag in:

vier lengtes van 600 mm (pote)

agt lengtes van 560 mm(kruise)

• 22 x 69 x 3000mm- geskaafdedennehout, gesaag in:

vier lengtes van 600 mm (pote)

agt lengtes van 410 mm(dwarsplanke)

• 18 mm-laaghout, gesaag in:

vier 500 x 482 mm-panele(sye)

een 500 x 500 mm-paneel(bodem)

• een pakkie 6 mm x 50 mm-skroewe

• een pakkie 8 mm x 30 mm-skroewe

• waterdigte houtlym soosAlcolin Ultra Wood Glue

• houtvuller

• skuurpapier

GEREEDSKAP

• koordlose boor,3 mm-boorpunt en12 mm-plaatboorpunt

• potlood

• maatband

• figuursaag

• verfkwas

PROJEKNOTAS

• Onthou om gidsgaatjieste boor.

• Skuur jou planke vooraf.

• Indien jy jou plantbokswil verf, kies 'n goeie,waterbestande produk.

1. Lym en skroef die vier 500 x 482mm-sye kloksgewys aanmekaar met die 6mmx50mm-skroewe. Voltooi die boks deur die bodem ook op sy plek te lym en vas te skroef.

2. Maak die pote deur die vier 22 x 69x 600 mm-planke aan die sye van die vier 22 x 44 x600 mm-planke te heg met lym en skroewe. Lym en skroef dan die pote op die hoeke van die boks vas, met die bokante gelyk met dié van die boks. Skroef nou die 410 mm-dwarsplanke bo en onder tussen die pote vas sodat dit 'n raam op elke sy vorm.

3. Plaas nou een van die 22 x 44x 560mm-kruisplanke diagonaal oor 'n sy en merk die hoekwaarte en die ente gesaag moet word om in die raam te pas.Herhaal met al agt kruisplanke. Sit 'n kruisplank in posisie en posisioneer nog een bo-oor om te bepaal waar en teen watter hoek dié een gesaag moet word om die kruis te voltooi. Saag vier van die planke soos gemerk, en lym en skroef al vier kruise vas.

4. Draai die boks onderstebo, merk sowat vyf dreineringsgate eweredig gespasieer en boor dit met die 12mm-plaatboorpunt. Vul skroefgate met houtvuller en laat dit goed droog word; skuur die hout dan netjies glad. Verf of vernis die boks in die kleur van jou keuse.

Het jy geweet?

DIY Deon is nie voltyds in Tuis se diens nie, maar bedryf sy eie onderneming. Dié vakman kan enigiets onder die son maak - van plantbokse soos dié tot kombuis- en klerekaste. Indien jy Deon se dienste nodig het, e-pos deon@diydeon.co.za of bel hom by 084 589 5026.

Deon de Goede

CTA