Huis + tuin

Denimsakkies

Het jy ou broeke wat rondlê? Sny die pype af en maak dié oulike sakkies.

Video Francois Oberholster

Wat jy nodig het

• 'n ou denimbroek

• skêr

• naaimasjien

So maak jy...

1 Sny die onderkant van die broekspype sowat 200mm van onder af.

2 Dop die broekspyp om sodat die binnekant buite is. Stik die afgesnyde rand toe.

3 Vou die hoekies plat en maak 'n stiksel haaks sowat 30mm van die hoeke af.

4 Dop die sakkie om, vou die boonste rand om - en siedaar!

Shelly Bergh

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM