Die verskeidenheid matte wat deesdae op die mark is, is legio. Jy sal vir seker een kry wat in jou behoefte voorsien ?f in jou smaak val.
1. Doelgemaak
Die bekende Suid-Afrikaanse matvervaardigers Nouwens se nuutste produk, Monn, is ’n duursame volvloermat van ’n wolmengsel en dit kan spesiaal volgens die kliënt se spesifikasies gemaak word. Besoek Monn vir meer inligting

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/mat-1.jpg FOTO Monn
2. Sag onder jou voete
Vir ’n slaapkamer is ’n sagte volvloermat ’n heerlike luukse. Kies een uit die Belgotex-reeks Sensation, wat in ’n groot verskeidenheid kleure beskikbaar is.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6237/f5c2055fd39a424fae55467822e011e1.jpg FOTO Belgotex Floors
3. Kies ’n los mat
Daar is selfs lopers in Hertex Fabrics se reeks los matte. ’n Gang met ’n houtvloer kan veral raserig wees en s? ’n loper sal die probleem oplos.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6237/092783e4dbc04487a09b301694a4b55e.jpg FOTO Hertex Fabrics
4. Kontemporêr
Die los matte van Hertex Fabrics sal enige vertrek ’n moderne voorkoms gee.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6237/34736e1fb84d489cbbb8e7518a55367b.jpg FOTO Hertex Fabrics
5. Swart & wit
Die kombinasie van swart-en-wit pas goed by die industriële tema. Dié mat (R2 695) is van Block & Chisel

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6237/63e927658d86406988dd7a845edc6505.jpg FOTO Block & Chisel
6. Natuurlik & aards
Die ronde sisalmat (R1595) is van Weylandts.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6237/1a56352b72914557a6ee9d23f767bc9c.jpg FOTO Weylandts
7. Hipermodern
Handgemaakte matte met besonderse patrone, soos dié een met blomme (R7 220), is nou beskikbaar by The Rug Store.

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/mat7.jpg FOTO The Rug Store













