Huis + tuin

Dis Grieks!

Anne-Marie Fourie skryf: Dié twee borde is afkomstig van ’n museum wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog geplunder is, en het voor my aan verskeie mense behoort. Die een bord het ’n paar merke op, maar die ander een is in ’n goeie toestand. Kan julle my dalk meer oor hulle vertel?

Shona Robie, hoof van die keramiekafdeling by Stephan Welz & Co., antwoord: Dié geverfde terracotta-borde is ’n kunstenaar se weergawe van bekende Griekse ware wat tonele uit die Griekse mitologie uitbeeld – die oorspronklike werke pryk tans in die Vatikaan-museum. Sedert 1891 is die land waarin die namaaksels vervaardig is ingevolge die Amerikaanse McKinley-tariefwet by die fabrieksmerk gevoeg, en die woorde “Made in Greece” dui aan dat die borde uit die 20ste eeu dateer. Ek kan ongelukkig nie meer spesifiek wees nie, want ek kan nie die kunstenaar se handtekening uitmaak nie. Dié soort artikel is gewoonlik gemaak as aandenkings vir toeriste en word dus by veilings beskou as items met ’n dekoratiewe waarde.

OUDERDOM 20ste eeu

WAARDE R300-400 by ’n veiling

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM