Huis + tuin

Fyn gesny

Wie’t gesê veiligheid is ’n seeroog? Dié hek hou die boewe uit sonder dat dit die huis se vooraansig bederf.

tuis werf 2014

Een van die eerste oorwegings in ’n nuwe huis is beveiliging – vir jou eie onthalwe, maar ook oor die meeste versekeraars dit vereis. Diefwering en veiligheidshekke is daarom noodsaaklik, maar kan vinnig ’n huis se voorkoms bederf. In ’n poging om hul huis te beveilig het Allister Neilson van Durbanville met ’n blink plan vorendag gekom: Verfraai ’n gewone hek met ’n plaat waaruit ’n dekoratiewe patroon gesny is, en siedaar!

So is dit gedoen

1 Die patroon vir die hek is op skaal geteken deur ’n vriend, Rory Cramer van RCM Steel, en toe uit 2,5 mm-staalplaat geplasmasny.

2 Allister het self ’n veiligheidshek gemaak uit 25 x 25 mm-vierkantstaal met skarniere en ’n slot. Daarna is die dekoratiewe plaat aan die staalhek vasgesweis.

3 Die hele hek is toe professioneel met ’n wit epoksipoeierlaag bedek. Dié bedekking is sterker as ’n gewone laag verf. Omdat die patroon so delikaat is, kon die hek nie gegalvaniseer word nie, want dit sou weens die hitte van die galvaniseringsproses skeef trek.

Wenk As jy ’n bestaande hek by die huis wil opdollie met ’n staalplaat, laat sny dit by ’n staalverskaffer en sit dit met klinknaels aan die hek vas.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6156/20f70fda72864bd8bb4f6d7de1cc9dea.jpg

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM