Huis + tuin

Gee gas!

V: Ons wil graag ons kaggel na gas omskakel – kan ons enige soort klip op die vuurherd gebruik?

Sau Cedrick antwoord: Die eerste – en belangrikste – stap met die omskakeling is om te besluit vir watter doel jy dit soek: verhitting, dekoratief of ’n kombinasie van die twee? ’n Hele paar materiaalopsies is beskikbaar, waaronder glas, keramiek, hout, ’n vermikulietbasis of ’n strookbrander. Maar moenie sommer enige soort klip gebruik nie, want die kans is groot dat dit gaan swart brand – kies eerder keramiek. Vir meer inligting skakel 011 764 4632 of besoek die webwerf jetmaster.co.za.

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM