Dié eens vaal retro-drankkas het ’n nuwe vonkel gekry met bypassende kleure in hoëglans-verf: mentgroen (Dulux Tuscan Glade 3) en ’n sagte blou (Dulux Celestial Cloud 4). Die blad is liggies geskuur om die grein van die hout uit te bring en daarna geolie vir beskerming. Die rugpaneel is met blomlap bedek en vorm nou ’n treffende agtergrond vir kristalglase en vintage-kraffies.
Voor

Ná














