Hoe belangrik dit ook al is om jou klein tuin van die bure af te skerm, kan sulke mure oorweldigend wees. Probeer dus om grensmure te versag. Verwyder plante wat nie geskik is om op die grens van die erf te groei nie of nie by jou tuin pas nie, want dit sal die hele tuin beïnvloed. Kies plante met kleiner blare as skermplante: Pittosporums, Freylinia tropica of Coleonema, wat min onderhoud verg, is goeie keuses. En struike soos laasgenoemde twee wat boonop ’n klein blommetjie dra, is beslis ’n bonus. As jy ’n spesifieke soort tuin soos ’n woudtuin of kothuistuin het, gebruik skermplante wat dié tema versterk. Dit werk ook goed om skermplante wat nie in ’n formele heining gesny is nie, toe te laat om ’n entjie bo die grensmuur uit te groei en so die kimlyn te breek.

http://tuis.co.za/mobile/tuinmaak-mobile/grensmure/attachment/0314tgndleserstuinlouise025/














