Die grensmuur wat baie naby aan die huis is, is ’n groen gang van lourierbome wat oor die groentetuin uittroon en ’n geurige heining vorm. Ook hier kom formele en informele elemente bymekaar soos die netjies gerangskikte emalje- en terracotta-potte op ’n leer wat as ’n vertikale fokuspunt dien.

















