Inkopielys
• 8 mm-staalstawe, gesaag in: agt 1 500 mm-lengtes
• 120 m tou (16 mm in deursnee)
• onderlaag
• verf
Gereedskap
• sweismasjien
• 2 mm-sweisstawe
• maatband
• hoekslyper
• sny- en slypskywe
• bankskroef
• bikhamer
• draadborsel

http://tuis.co.za/mobile/selfdoen-mobile/hang-rond/attachment/sketch-5/
1 Merk die buitelyne van die raamwerk op jou werkoppervlak uit. Ons het ’n ovaal vorm van 1 000 x 900 mm gemaak. Gebruik ’n buigbare liniaal of stuk laaghout om die kurwes te help trek.

http://tuis.co.za/mobile/selfdoen-mobile/hang-rond/attachment/1-59/
2 Met dié patroon as gids kan jy nou die staalstawe in die verlangde vorm buig met behulp van die bankskroef. Nadat elke staaf gevorm en met die hoekslyper en snyskyf in die regte lengte gesny is, word die stawe aanmekaargesweis. WENK Stel die kloue van die bankskroef net wyer as die 8 mm-stawe, dan kan jy elkeen sentimeter vir sentimeter daardeur beweeg terwyl jy dit buig.

http://tuis.co.za/mobile/selfdoen-mobile/hang-rond/attachment/2-53/
3 Maak die sitgedeelte deur ’n gevormde staaf sowat 350 mm diep en 450 mm wyd oor die opening te buig. Sweis dit teen ’n hoek (sowat 5 grade) aan die eerste (ovaal) raam vas.

http://tuis.co.za/mobile/selfdoen-mobile/hang-rond/attachment/3-58/
4 Sweis die middelste staaf vir die rugkant aan die ovaal raam, vas, soos aangedui.

http://tuis.co.za/mobile/selfdoen-mobile/hang-rond/attachment/4-53/
5 Sweis nou die ander stawe alkant hiervan vas. Fatsoeneer die stoel soos jy dit graag wil hê. Ons het ’n “vlak” stoel gemaak wat teen ’n hoek hang. Jy kan joune dieper en ronder maak, as jy dit verkies.

http://tuis.co.za/mobile/selfdoen-mobile/hang-rond/attachment/5-50/
6 Sweis ook ’n steunstaaf al om die rugkant teen regte hoeke aan die raamwerk vas. Daarna kan jy die afvalstukke wat jy in die loop van die projek afgesny het, gebruik om die sitplekgedeelte vorm te gee, soos aangedui.

http://tuis.co.za/mobile/selfdoen-mobile/hang-rond/attachment/6-43/
7 Gebruik die hoekslyper en slypskywe om al die sweisplekke glad af te werk, en berei die raam vir spuitverf voor. Vee die hele raamwerk met ’n ou lap en verdunners af ten einde enige vuilis en ligte oksidase te verwyder voor jy die onderlaag aanwend. Ons het grys metaalonderlaag (aërosol) gebruik, met twee lae wit verf bo-oor.

http://tuis.co.za/mobile/selfdoen-mobile/hang-rond/attachment/7-30/
8 Sny die tou in lengtes van sowat 10 meter sodat dit makliker is om mee te werk. Bind dit aan die raam vas en weef dit tussen die raamwerk deur. Wees geduldig, want dis ’n tydsame proses, maar die resultaat is dit oor en oor werd!

http://tuis.co.za/mobile/selfdoen-mobile/hang-rond/attachment/tuishome-702/













