
Vir baie mense is die nederige oumablokkie die beste hekel-terapie, maar vir my is die hekel van blomme terapeuties – in enige kleur, vorm en grootte. Ek is van mening dat net ’n uur met ’n hekelpen en ’n vrolike kleur hekeldraad, terwyl jy stekie vir stekie ’n bos bekoorlike blomme daaruit toor, beslis ’n uur is wat jy baie wys bestee het. Hier is drie van my allermooiste blommotiewe en twee blaargroottes vir dié sierstring. Die patroon beskryf een manier waarop jy die blomme en blare kan rangskik, maar gebruik jou verbeelding en skep jou eie unieke stringe. Die kleurkombinasies is eindeloos – gee dus jou verbeelding vrye teuels!
Benodigdhede
- Hekelpenne: 3,5 en 1,5 mm
- Hekeldraad: 50 g-bolle (115 m) Rowan Cotton Glacé, een elk in skakerings 865/Helderpienk (A), 730/Oester (B), 856/Heldergeel (C), 845/Skulp (D), 844/Leiklipgroen (E) en een 100 g-bol (400 m) DMC Petra, grootte 5, skakering 54460/Naaswit (F)
- Wolnaald
- Skêr
Alternatiewe hekeldraad
Hierdie ontwerp sal goed werk met enige standaard-DD (kamstof) van katoen of ander liggewigstof om te keer dat die motiewe nie te swaar raak nie. Indien jy katoen-DD gebruik, sal een 50 g-bol genoeg wees om die sierstring met net een kleur te voltooi.
Spanning
6 rdtes in ’n sirkel gewerk met lb-ste (12 ste vmeer elke rdte) = 10 cm
Voltooide grootte
Blomme wissel van 6–6,5 cm in deursnee
Lengte van sierstring ± 1,45 m
Wenke
Hierdie sierstring is ontwerp om vertikaal te hang, maar sal netso goed werk as jy ’n lussie aan elke punt maak en dit horisontaal soos ’n swaaisierstring hang. Om dit te doen, heg F in die eerste motief, k20, gs in dieselfde sp as hegdraad, gaan dan voort met die hekel van die sierstring soos beskryf. Om veelvoudige sierstringe te maak wat saam gebruik word soos in die foto op bladsy 15, gaan jy ’n 50 g-bol Rowan Cotton Glacé in skakering 725/Ecru nodig hê.

PATROON
Al die blomme en blare word met die 3,5 mm-hekelpen gehekel.
8-BLAAR-BLOMMOTIEF
Maak 4, een elk van A, B, C en D.
Basisring en rondte 1: hekel ’n verstelbare ring, k3 (tel as eerste lb), 15lb in ring, sluit ring, gs in 3de k van begin-k3
Rondte 2: k5 (tel as eerste hlb, k3), *slaan 1 st oor van vor rdte, [hlb, k3] in volg st* her van * tot * 7 keer, gs in 2de k van begin-k5
Rondte 3: k1, *gs in volg k-sp, k4, 3dsl-tros in dieselfde k-sp, k4, gs in dieselfde k-sp* her van * tot * 8 keer, gs in begin-k1, heg af


Uittreksel uit Hekel vir My Huis © 2015 by Emma Lamb, F&W Media International Ltd, Pynes Hill Court, Pynes Hill, Rydon Lane, Exeter, EX2 5AZ. Dit word in Suid-Afrika versprei deur Struik Lifestyle (’n drukkersmerk van Penguin Random House South Africa).













