Huis + tuin

Hekel blomsierstringe: Blom #4

Benodigdhede

  • Hekelpenne: 3,5 en 1,5 mm
  • Hekeldraad: 50 g-bolle (115 m) Rowan Cotton Glacé, een elk in skakerings 865/Helderpienk (A), 730/Oester (B), 856/Heldergeel (C), 845/Skulp (D), 844/Leiklipgroen (E) en een 100 g-bol (400 m) DMC Petra, grootte 5, skakering 54460/Naaswit (F)
  • Wolnaald
  • Skêr

Alternatiewe hekeldraad

Hierdie ontwerp sal goed werk met enige standaard-DD (kamstof) van katoen of ander liggewigstof om te keer dat die motiewe nie te swaar raak nie. Indien jy katoen-DD gebruik, sal een 50 g-bol genoeg wees om die sierstring met net een kleur te voltooi.

Spanning

6 rdtes in ’n sirkel gewerk met lb-ste (12 ste vmeer elke rdte) = 10 cm

Voltooide grootte

Blomme wissel van 6–6,5 cm in deursnee

Lengte van sierstring ± 1,45 m

Wenke

Hierdie sierstring is ontwerp om vertikaal te hang, maar sal netso goed werk as jy ’n lussie aan elke punt maak en dit horisontaal soos ’n swaaisierstring hang. Om dit te doen, heg F in die eerste motief, k20, gs in dieselfde sp as hegdraad, gaan dan voort met die hekel van die sierstring soos beskryf. Om veelvoudige sierstringe te maak wat saam gebruik word soos in die foto op bladsy 15, gaan jy ’n 50 g-bol Rowan Cotton Glacé in skakering 725/Ecru nodig hê.

Patroon

KLEIN BLAAR-BLOMMOTIEF

Maak 4, een elk van A, B, C en D.

Basisketting: k8

Rondte 1: begin in 2de k vanaf pen *kb, hlb, 3lb, hlb, kb*, [k3, kb in 3de k vanaf pen] blaarpunt, roteer werk en her van * tot * teen basis-k-ry af, heg af

Uittreksel uit Hekel vir My Huis © 2015 by Emma Lamb, F&W Media International Ltd, Pynes Hill Court, Pynes Hill, Rydon Lane, Exeter, EX2 5AZ. Dit word in Suid-Afrika versprei deur Struik Lifestyle (’n drukkersmerk van Penguin Random House South Africa).

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM