Om in harmonie met hul omgewing te wees – en hul ware self te kan uitleef – was die hoofbeginsel waarvolgens dié KwaZulu-Natalse paartjie hul interessante huis ontwerp het.

Die rooi Coke-kis en ou kassie tel die kleure in die gehekelde deken van Weylandts pragtig op.

In die stylvolle eetarea is industriële en Afrika-elemente soos shweshwe op die stoele en ’n massiewe slagtersblok van Antiques Etc vermeng.

’n Gang verbind die slaapkamers met die woonareas. Die horisontale venster kyk uit op een van die binnehowe waar rondom die huis ontwerp is.













