Huis + tuin

Ingeboude skoonheid

(Jan Ras)

’n Leser, wat besig is om hul badkamer op te knap, wil weet hoe hulle ’n smukblad van beton kan bou om by die afgevlakte vloer te pas. Dit moet oop rakke hê waarop hulle ’n paar geweefde mandjies vir bêreplek kan plaas.

Ashley Stemmett van Atmosphere Design antwoord: Die beste is om die sykante van dié sort smukstasie met stene en sement te bou, en die boonste blad met betonlateie wat gewoonlik gebruik word om strukturele steun bo vensters en deure te verskaf. Wanneer jy die lateie oor die mure plaas, onthou om ’n opening vir die aflooppyp te laat, want dis so te sê onmoontlik om later ’n gat daarin te maak! Pleister dan die hele struktuur (vul eers die area rondom en tussen die lateie op). Jy kan ’n netjiese afwerking kry deur die gepleisterde oppervlakke met ’n dun laag stukadoorpleister (beskikbaar by Stucco Italiano) af te rond, of gebruik wit sement in jou pleistermengsel en werk dit glad af met ’n staaltroffel – albei opsies sal agterna geseël moet word. Jy kan die rak met lateie inbou (plaas dit op die regte hoogte op die bakstene voor jy die sykante klaar bou) of sit ’n houtrak in as die bouwerk klaar is. Hou net in gedagte dat dit baie moeilik is om ’n ingeboude rak te pleister!

(Jan Ras)

http://tuis.co.za/mobile/selfdoen-mobile/ingeboude-skoonheid/attachment/tuishome-659/

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM