Huis + tuin

Jou doring: maak jou eie juweel-rakkie

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Woodoc
Woodoc

Video Marcus Eddie

Wat jy nodig het

  • Aflaaibare patroon
  • Rakplank van gelamineerde dennehout
  • Pen
  • Deurslagpapier
  • Figuursaag
  • G-klampe
  • Skuurpapier
  • Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt
  • Woodoc Colours Sweet Grass
  • Houer om in te meng en mengstokkie
  • Verfkwas
  • Boor met 3 mm-houtboorpunt
  • Klein koperhakies
  • Houtlym

1Laai die kaktuspatroon af en druk dit uit. Plaas dit op die rakplank en trek dit met behulp van die deurslagpapier op die hout af.

2 Klamp die hout aan jou werkblad vas met die G-klampe en saag die vorms wat jy in stap 1 afgetrek het, versigtig uit.

3 Skuur die rande glad.

4 Skink sowat 75 ml van die Woodoc Water-Borne FLOOR Clear Matt in 'n houer en voeg 'n bietjie Woodoc Colours Sweet Grass by. Meng goed.

5 Wend drie lae van die kleur wat jy in stap 4 gemeng het, aan die vorms. Laat elke laag goed droog word en skuur liggies ná die eerste en tweede laag droog is, maar nie ná die derde laag nie.

6 Boor gaatjies vir die koperhakies waar jy dit op die kaktusvorm wil hê en draai die hakies in.

7 Smeer 'n bietjie houtlym in die opening van die voetstuk en heg dit aan die kaktusvorm.

Shelly Bergh

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM