Huis + tuin

Kleurspel

(CHRISTO.LOTTER)

Die lente is ’n goeie tyd om agapante, kannas, dahlias, Eucomis, Galtonia, (Gladiolus) swaardlelies, Liatris, Liliums, Nerine, soetamalings en Tigridia te plant. Tigridias is egte bolle wat in die winter dormant is. Dit het pragtige groot blomme wat te kry is in rooi, geel, pienk, pers en oranje met kontrasterende kolle. Dié plante word soms “daglelies” genoem, maar hoewel individuele blomme net een dag blom, produseer elke plant talle blomme. Tigridia pavonia, oftewel die tierblom, was ’n gunsteling in Victoriaanse tuine en het onlangs weer gewild geraak onder tuiniers wat eksotiese blomme vir hul tuine soek.

(CHRISTO.LOTTER)

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6159/8a1f8cd451114b598d9dc31c4fdcb926.jpg

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM