Huis + tuin

Koek en tee

My skoonma het hierdie teestel in die laat veertigerjare present gekry. Dis in ’n puik toestand; wat is dit werd?

Ainsley Taylor van Stephan Welz & Co. se keramiekafdeling antwoord: Die merk “H&K Tunstall” verwys na die firma Hollinshead and Kirkham, wat in 1870 in Burslem, Staffordshire, gestig is maar in 1876 na Tunstall geskuif het. Die maatskappy se breekware met konserwatiewe ontwerpe was op die middelklasmark gemik. Ná die Eerste Wêreldoorlog het ’n afname in verkope hulle genoop om met iets nuuts vorendag te kom; Harold Growcott, wat in die vroeë 1920’s as ontwerper by die firma aangesluit het, het toe ’n reeks genaamd “Delicious Dozen” bekend gestel. Dis dikwels die “arm man se Moorcroft” genoem, met verwysing na die veel duurder, gesogte Moorcroft-breekware, en het ’n abstrakte agtergrond in twee of meer kleure gehad met groot vrugte of blomme bo-oor geverf. Die leser se teestel het ’n “Primula”-ontwerp, en die “R. Groestt”-merk dui op die naam van die kunstenaar wat dit geverf het. H&K Tunstall is in 1956 by die Johnson Brothers-groep ingelyf.

OUDERDOM Circa 1940’s

WAARDE R500–R700

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM