Huis + tuin

Kweek jou eie saailinge

In dié video wys ons jou hoe om jou eie saailinge te kweek, wat jy later net so in die tuin kan uitplant sodra die saailinge sterk genoeg is. Dit was nog nooit so maklik om groen vingers te hê nie!

Wat jy nodig het

  • toiletrolle
  • handwerkmes
  • potgrond
  • saadjies

Stap 1  Druk die toiletrol plat. Vou dit weer plat sodat die rol in kwarte verdeel is.

Stap 2 Sny kepies van omtrent 1 cm op die voue aan een kant van die rol

Stap 3 Vou die kepies oormekaar soos wat jy die bodem van ’n boks sal vou.

Stap 4 Vul die rolletjies tot amper bo met potgrond, saai jou saadjies en sit nog ’n bietjie grond bo-op.

Stap 5 Maak jou saadjies gereeld nat en sorg dat hulle genoeg sonlig kry. Ná 2–4 weke behoort jou saailinge groot genoeg te wees om uitgeplant te word. Jy kan hulle net so in die rolletjies plant; vou net die bodem oop. Die karton van die toiletrolle beskerm aanvanklik die saailinge, daarna breek dit op.

So maak jy:

https://www.youtube.com/watch?v=2hLzA3eMGIs&feature=youtu.be

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM