Huis + tuin

Kweek van saad

Ansa Verwey wil weet: Kan ’n mens clivias en agapante van hul saad kweek? Indien wel, hoe gaan jy te werk?

JJ antwoord: Ja, definitief. Die agapant het klein, swart papieragtige saadjies wat oppervlakkig (niks meer as 2–3 mm onder die grond nie) gesaai moet word. Hulle ontkiem gewoonlik almal gelyktydig en die nuwe plantjies staan soos hare op ’n hond se rug. Sodra hulle sterk wortels en stingels gevorm het, kan jy hulle verdeel en uitplant. Clivias se sade (hulle lyk soos halwe albasters) moet uit die vrug gehaal en skoongemaak word voor jy dit halfpad in die grond druk. Cliviasade kan tot 6 maande neem om te ontkiem. Maak seker jou saadmedium dreineer goed, anders gaan jy teenspoed optel met swamme.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6160/f6e77b88bfad42d29d20032bebd9b985.jpg

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6160/7b7dac10ed16438e86aa00f6d03ddd68.jpg

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM