Huis + tuin

Laat dit blom

Gee jou vakansiedrome vrye teuels en raam dit, hang dit op of druk dit in ’n ongewone pot!

Raam dit

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6155/ca9a316d4c8d41cf80360649081719a5.jpg

Die roosboere Seugnet en Peter Viljoen, wat die skrywer Jan Rabie en skilder Marjorie Wallace se huis op Onrus gekoop het, kon dit nie oor hul hart kry om dié ou vensterraam bourommel toe te stuur nie. Hier “raam” dit ’n bos rose at heelpad van hulle plaas in Kenia kom.

As my skip kom …

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6155/fba35c9026dc4b58988abf6a8c3c3763.jpg

Die negejarige Ross Smit se drome kry seile met sy bootbed in die familie se strandhuis

op Witsand. Dis patryspoort en al gebou deur Breedevallei Konstruksie (071 182 2740).

Om die wêreld

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6155/d4b290dd76574028929a0f33f9aa4fe3.jpg

Marilize Spies van Durbanville het ’n aardbol waarvan die staander die gees gegee het, deurgesny en in twee lampskerms omskep.

Karoo tot kus

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6155/581abcdeedfa4fed9ac6d405c684326c.jpg

Heike le Cordeur van Fleur le Cordeur (fleurlecordeur.co.za) het ’n mooi fokuspunt geskep eur varkoorplakkies (Cotyledon orbiculata) in ’n verskeidenheid vase – in al die kleure van die see – te druk.

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM