Materiaal:
100 x 20 mm-paletplanke:
• vyftien 400 mm
• twee 1 600 mm
• twee 1 650 mm
• twee 350 mm
80 x 20 mm-paletplanke:
• twee 100 mm
• twee 200 mm
• twee 300 mm
Projeknotas:
• Kyk uit vir palette wat jy kan hergebruik.
• Onthou om gidsgaatjies te boor.
• Skuur al die paletplanke vooraf.
Stap: 1
Maak die middelste boksrak deur twee 200 x 80 x 20 mm-planke tussen twee 400 x 100 x 20 mm-planke aanmekaar te lym en vas te skroef. Lê die raam plat neer en sit nog twee 400 mm-planke bo-op vas. Maak die boonste en onderste boksrak net so met die twee 100 x 80 x 20 mm- en die twee 300 x 80 x 20 mm.-planke


Stap: 2
Lê een 1 600 mm- en een 1 650 mm-plank langs mekaar neer en skroef jou kleinste boksrak heel bo-aan vas, haaks met die 1 600 mmpoot. Meet en merk 200 mm van onder af en heg een van die 350 mm-planke ook haaks met die 1 600 mm-poot bo dié merk vas.


Stap: 3
Meet en merk 300 mm van die kleinste rak (bo) af en skroef die tweede rak haaks met die 1 600 mm-poot hier vas. Herhaal met die 3de rak. Draai die struktuur op die ander sy en skroef en lym die boksrakke asook die ander 350 mm-plank aan die ander twee pote vas.

Stap: 4
Maak die leer regop staan, spasieer die oorblywende drie 400 mm-planke op die 350 mm-planke; lym en skroef vas.














