’n Leser het dié glasfiguurtjie geërf en wil weet wat dit werd is. Daar is ’n waarmerk en die nommer 711 aan die onderkant.

Shona Robie van Stephan Welz & Co. se keramiekafdeling antwoord: Die pink-en-wit Alabastro-figuur is die handewerk van die meester-glasblaser Archimede Seguso (1909–1999) van Murano. Dit dateer uit die 1950’s en behoort R700–R900 op ’n veiling te haal.













