Huis + tuin

’n Nuwe baba

Dit is heerlik om 'n nuwe babakamer in te rig. Al die beplanning en besluite oor die kleurskema, meubels en bykomstighede is deel van die groot avontuur en uitsien na die nuweling.

Onthou om die ma se gerief in ag te neem as jy die babakamer beplan, want sy gaan ook baie tyd daar deurbring. Wanneer jy die uitleg beplan, kan jy dink aan wat alles in die babakamer moet gebeur, soos doeke aansit, eet en was.

  • Jou rug sal dit nie hou as alles miniatuur is nie.
  • Kies werkoppervlakke met 'n gerieflike hoogte, soos die Coltimbers-toonbank op ons foto.
  • Pakplek moet binne raakvatafstand van die bababed wees.

Kies veeldoelige meubels

Dit kos 'n goeie paar rand om enige vertrek van nuuts af in te rig, maar as jy slim kies, kan van die meubelstukke eendag saam met jou baba universiteit toe gaan. Voorbeelde hiervan is die houtkis op ons hooffoto, asook die Coltimbers-werktoonbank.

Veiligheid

  • Vensters moet diefwering hê en die vensterbank moet buite bereik wees.
  • 'n Hekkie is noodsaaklik by trappe.
  • Bedek kragproppe met 'n veiligheidsplaatjie (te kry by ysterware- of elektrieseware-winkels).
  • Kies meubels met geronde rande.
  • Los tapyte moet glyvas wees.
Suné Esterhuizen

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM