Huis + tuin

'n Telefoon wat help

Hierdie telekommunikasie-onderneming, in samewerking met die verskaffer, skenk die opbrengs van die verkope uit dié oulike handpalm-landlynfoon aan die Kankervereniging van SA (Kansa). Die Palmtalk Flip is 'n koordlose foon wat ontwerp is met 'n flap wat oopklap. Dit het ook 'n hele aantal funksies, soos 'n gekleurde skerm, bêreplek vir 250 name en telefoonnommers – jy kan ook jou selfoon se simkaart kopieer, 'n luidspreker, 'n wekker, speletjies soos Suduko en vele meer. Dit word landwyd teen R899 (BTW ingesluit) by Telkom-winkels verkoop. Skakel ook 120219 of besoek www.telkomphones.co.za.

Lounette Fourie

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM