Huis + tuin

Papierblomme

Gee jou interieur – of ’n partytjie – ’n vars inspuiting met speelse papierrose wat jy self gemaak het!

Wat jy nodig het

• een pak kreukelpapier

• ’n skerp skêr

• ’n seskantige potlood

ProjeknotaJy kan drie rose uit een pak kreukelpapier maak.

Só maak jy

1 Haal die kreukelpapier uit sy verpakking en sit dit plat (sonder om dit af te rol) op jou werkoppervlak neer; knip dan die strook in drie ewe groot stukke.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/09/112.jpg

2 Neem een stuk kreukelpapier en knip die “boonste” oop sy deur al die lae in ’n boogvorm.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/09/27.jpg

3 Vou die kreukelpapier oop – die lang strook sal ’n skulprand hê, wat uiteindelik die afsonderlike blare gaan vorm. Rol elke geronde rand met die potlood na die middel van die strook en druk dan die rolletjie inmekaar om die papier te kreukel.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/09/36.jpg

4 Rek nou elke blaardeel liggies om dit volheid te gee; doen dit met die hele strook.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/09/46.jpg

5 Draai die strook kreukelpapier om sodat die bobbels weg van jou af wys. Rol dan die strook op om ’n roos te maak: Frommel die reguit rand liggies na die “beginpunt” toe; vorm die blom versigtig en hou deurgaans die “bymekaarkompunt” aan die onderkant stewig in posisie.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/09/56.jpg

6 Wanneer die roos die verlangde grootte is, maak die “bymekaarkompunt” met maskeerband vas. Bind dan die rose aan lint of vislyn vas en hang dit op vir versiering, of maak dit aan stokke of tappenne vas, sodat dit op “stele” pryk.

http://tuis.co.za/wp-content/blogs.dir/1/files/2012/09/65.jpg

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6148/5aaa5a78344e41f7ba069806883ec45b.jpg

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM