Huis + tuin

Popkuns

Kuns in die badkamer? Shirley Fintz en Russell Faclier, wat in Tamboerskloof, Kaapstad, woon, vind dit glad nie vreemd nie. “Ons bring heelwat tyd hier deur en wou ons ook in die kleinste vertrek in die huis met mooigoed omring.” Die mure rondom die bad is bedek met glasmosaïekteëls, wat ’n ligte, kalmerende gevoel skep. Twee glasrakke bo die bad het uitstalplek vir nog kunswerke, kerse en pretgoed. Maar die grootste attraksie is die vrolike figuurtjies teen ’n heldergeel agtergrond op die Oregondennehoutdeure – Shirley se eie handewerk!

Blink planne As jou begroting knap is, sny glasmosaïekvelle in smal stroke en lê ’n ry as horisontale rand bokant of tussen ander muurteëls – so kan jy jou eie stempel met spatsels kleur afdruk, is die raad van die kenners by Tile Africa. As jy spandabelrig kan wees, teël ’n hele muur met glasteëls en skep so ’n lieflike lugtige atmosfeer. Ander neigings sluit ’n geruite patroon in rooi en wit vir ’n dramatiese kleurontploffing of swart en wit vir ’n retrogevoel in.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6153/479ba3e3d23e40749337f53a94ca8129.jpg

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM