Pronkridderspore sal enige tuinier inspireer wanneer hul lang stele oortrek is met blomme in koel skakerings. Dié plante het baie aandag nodig en hou van goed gedreineerde en komposryke grond. Voed dit elke twee weke met ’n vloeibare kunsmis en hou dit goed nat in die somer. Die plante aard beter in koeler klimate en hoewel dit ’n meerjarige plant is, word hulle hier by ons meestal as eenjariges beskou. Plant jou pronkridderspore agtertoe in die bedding en stut die lang stele om te keer dat dit omwaai of afbreek. Daar is ook variëteite met korter stele wat jy vorentoe kan plant. Pronkridderspore kan van saad gekweek word, of plant saailinge in die herfs.
Plantgids:
-Botaniese naam: Delphinium-spp.
-Volson tot halfskaduwee
-Rypbestand
-Gemiddelde waterbehoeftes
-Hoogte 0,3–1,5 m
-Blom in die somer
-Goeie plukblom

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6160/a022f7f75b174c57aac030f28e692129.jpg













