Huis + tuin

Pure plaas

’n Nuwe kombuis met ’n ouwêreldse gevoel.

WIE Carina en Danny Lowe WAAR ’n Hoewe tussen Middelburg en Witbank

Die projek

’n Eiland met ’n sementblad en ’n pragtige kandelaar daarbo was ’n moet vir Carina Lowe, kunstenaar en binneversierder, se nuwe kombuis. Sy hou van aardse kleure en was nog altyd gek oor die plaasstyl. “Toe ons die Milestone Kitchens-kombuis in die Februarie 2011-uitgawe van Tuis sien, het ons

dadelik geweet dis wat ons wil hê.

“Behalwe vir aardse kleure, word ’n mens ook maar maklik beïnvloed deur die huidige modekleure soos pastelle en pragtige koper- en blougroen – my persoonlike gunstelinge. Nadat ek ure lank kleurkaarte bestudeer het, het ek op ’n kombinasie van twee kleure vir die kombuis besluit: French Chartreuse en French Jewel uit Plascon se Cashmere-reeks.

Carina is mal oor al die ruimte tot haar beskikking. “Die kombuis is nou deel van die leefarea en ek kan sommer staan en TV kyk terwyl ek kosmaak!”

Shané Barnard

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM