
https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6155/a268e2578a01406280ac3e802738e14f.jpg
Formele eetkamerstoele saam met tuinmeubels, moderne stoele, bankies, ou stoele met ’n lagie nuwe verf en selfs melkkratte sal jou gaste welkom laat voel. Ons hou van hoe dié mengelmoes saamwerk.
Slim plan! Tooi melkkratte op vir ekstra sitplek: Bind eenvoudig kussings daarop vas met linte, dan sit jou mense lekker sag.
Wenk Beskerm stoelpote met stukkies ou lap wat jy met tou daarom vasbind – nou kan
jou gaste hul stoele in- en uitskuif sonder om hulle oor skade aan die pote te bekommer.













